Back
Alles soos dit gebeur
Nuwe produkte beskikbaar
Kry dit hier
Aflaaibare dokumente

Ons Graad RR-klassies is by Tuinedal gemeente op hul eie kampus.  Dit is ‘n veilige, rustige omgewing met meer as genoeg spasie waar kinders kan speel, hardloop en ontdek. Jou kleuter se skoolloopbaan kan reeds in Graad RR begin met Laerskool George-Suid se waardes en beginsels.

Laerskool George-Suid is Uniek

Volg ons op Sosiale Media

Laerskool George-Suid, ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis, is geleë tussen die pragtige Outeniquaberge en die Indiese Oseaan.

Ons glo dat uitnemendheid by omgee begin. Leerders kan groei en voorberei vir ’n toekoms waarin hulle hulself nie net kan handhaaf nie, maar ook ’n daadwerklike verskil kan maak. Leerders word daagliks blootgestel aan die waardegedrewe stelsel van karaktertransformasie wat ons volg.

Laerskool George-Suid is ‘n skool vir geleenthede in tye van verandering. Ons doel is om ons leerders met die volgende slagspreuk vir die lewe toe te rus: DROOM GROOT!  WERK HARD!  GEE OM!

Skool van uitnemendheid

AKADEMIE >

Uitnemende Afrikaanse Onderrig

KULTUUR >

Individuele & Massa Deelname

SPORT >

Sportafrigting & Spanne

1289
Leerlinge
118
Personeel
64
Skoolbestaansjare
7800
Webwerf besoekers per jaar

Waardes van ons skool

Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik:

Geestelik, Akademie, Sport en Kultuur.

Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan met die gepaardgaande aanleer van die volgende waardes:

Respek, omgee, burgerskap, regverdigheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid en dankbaarheid.

Kommunikasie

Webjoernaal

Die-geheime-goue-draadjie

Die geheime goue draadjie

Daar is ‘n kosbare geheime goue draadjie wat tussen ons skoolgange en huise beweeg. Hierdie twee omgewings vorm die ontwikkelingsareas van die goue draadjie. Ons leerders is die kern van hierdie goue draadjie. Hoekom? Hul menswees en karakter beweeg tussen die twee. Hierdie draadjie is van goud gemaak, want dit verteenwoordig iets kosbaar. Dit vorm ons leerders se waardestel en dra by tot die grootmense wat hulle eendag gaan word. ‘n Baie belangrike taak wat aan beide omgewings toevertrou word.

Borge

Volg ons op
Sosiale Media