Pro Ludis Culturae
Hierdie groep ouers het ten doel om die skool se fasiliteite te verbeter en leerders wat buitemuurs presteer finansieël te ondersteun.
Die Ondersteunersklub funksioneer egter nie losstaande van die skool nie en staan steeds onder die jurisdiksie van die Beheerliggaam, d.w.s. alle aksies moet in vennootskap met skool en volgens skool se behoeftes tot voordeel van die skool en sy leerders aangepak word.