Back

Snoepeloerie

Met ‘n groot verskeidenheid van eetgoed waaruit leerders, ouers en personeel by die Snoepie kan kies en keur, word ‘n uitstekende diens gelewer. Met ‘n gesonde leefstyl word gesonde eetgewoontes beslis aanbeveel. Gesonde, geurige kos is daagliks beskikbaar. Spyskaarte word weekliks aangepas. Dit sluit geroosterde broodjies, hoender strips, vrugte, smoothies, slaaie, biltong, asook vars voorbereide etes in. Bestellings vir wegneemetes kan vooraf teen billike pryse geplaas word.

TYE:
  • Maandae tot Vrydae: 08:00 tot 16:30.
  • 1ste en 2de pouses, asook na skool, vir leerders.
  • Tydens sportdae.
BETAALOPSIES:
  • Kontant
  • Kaartmasjien
  • Indien daar van die rekening-opsie gebruik gemaak word, moet ouers persoonlik met me. Van der Walt reëlings tref.

Bly op hoogte van die weeklikse spyskaarte deur by die WhatsApp groep aan te sluit: (072 839 3260)

Klerebank

Om ouers tegemoed te kom, lewer die LGS-klerebank ‘n onbaatsugtige diens deur maklike toegang tot goeie tweedehandse skooldrag, aan ouers te bied. Hierdie klere is skoon en in ‘n baie goeie toestand.

Nuwe LO-drag, wat die LO-broekie, -hempie en swart sweetpakbroek insluit, word ook verkoop.

Alle items is teen billike pryse beskikbaar. Verlore klere word by die klerebank ingehandig. Leerders is welkom om persoonlike items op te eis sodra hul agtergekom het dat hul van hul klere verlê het. Vir verdere navrae kan me. Marinda Labuschagne gekontak word.

TYE:

Maandae tot Vrydae: 

07:15 – 09:00

13:00 – 15:00