Back

#KomOnsSing

Ons kore is ons uitvoerproduk! Hul koorsang is van hoogstaande gehalte, volgens netheid kan hul deur ‘n ring getrek word en al die koorlede tree as ambassadeurs van ons skool op.

Voordat leerders in die juniorkoor opgeneem word, moet hul ‘n deeglike stemtoets slaag.

BEGELEIDSTER:

Sanri Oosthuizen

DIRIGENT:

Danielle Smit

OEFENTYE:

Dinsdae & Donderdae Oggende:

07:30

OPTREDES:

Formele optredes, Musiek Montage, George Koorfees & Inligtingsdag.

KOORDRAG:

Dogters: Skoolrok, swart baadjie (te huur teen R100 per jaar by die Klerebank), swart skoolskoene met wit sokkies (somer) of lang swart sykouse (winter), langhare – Franse vlegsel met ou goud lint (nie geel nie).

Seuns: Swart baadjie (te huur teen R100 per jaar by die Klerebank), wit langmouhemp (te huur), skooldas (te huur), grys skool langbroek, swart skoolskoene, lang grys sokkies.

Marinda Labuschagne is in beheer van baadjies vir optredes. Baadjies word voor optredes by die klerebank afgehaal en die eerste skooldag na optredes, terugbesorg.