Back

#Houdiebal

As topnetbalskool gee ons vir alle speelsters die geleentheid om lewensvaardighede aan te leer wat hulle in staat stel om sover moontlik onafhanklik, selfstandig en verantwoordelike leerders in ons samelewing te word en so hul volle potensiaal te verwesenlik.

Netbal word gespeel vanaf gr. R tot gr. 7 (o/13). Graad R-leerders word onderrig in basiese netbalvaardighede.

JUNIOR SPORT:

Gr. 1 & 2-leerders het 2 keer per week gedurende kwartaal 2 en 3 aan die einde van hul skooldag, geleentheid om netbal te beoefen. Hulle speel hoofsaaklik mini-netbal. Sodoende word hulle aan al die posisies op ‘n netbalbaan blootgestel. Deelname en genot is die grootste oorweging hier. Die spannetjies kry geleentheid om op Saterdae aan verskillende plaaslike toernooie/sportdae deel te neem.

SENIOR SPORT :

Dogters vanaf gr. 3-7 oefen Dinsdae en Donderdae na skool gedurende kwartaal 2 en 3. Uitsondering word gemaak vir die o/13 oefengroep wat reeds gedurende die eerste kwartaal begin met voorbereidings vir die Topskole-toernooi gedurende die Maart-skoolvakansie. Aan die einde van kwartaal 1 begin die afrigters met algemene oefeninge en proewe om spanne gereed te kry vir kwartaal 2.

In elke ouderdomsgroep is daar geleentheid vir soveel spanne as moontlik – almal kry geleentheid om te speel.

INTERNE SPORTDAG :

Aan die einde van kwartaal 1 neem klasse teen mekaar deel en word netbal, hokkie en raakrugby gespeel.

MAART-VAKANSIE:

Eden Super Skole Toernooi

Paarl Gimnasium Toernooi

WOENSDAE:

Algemene liga-verpligtinge waaraan A,B en C-spanne deelneem.

INTERSKOLE:
  • Hartenbos
DERBY:
  • Paarl Gim
  • Handhaaf
  • Lorraine
  • Outeniqua
  • Park
  • Wesbank
TOERE:
  • o/12 Aloe Cup
  • o/13 Toer na Port Elizabeth

KOÖRDINEERDERS:

Kathy Germishuys Gr 1-3 | Zani Coleman Gr. 4 – 7

SpanAfrigter/s
o/7 A & BIlona Kleyn & Kathy Germishuys
o/7 C & DSuzette van der Westhuizen & Hedy Koegelenberg
o/7 ResAllison Petersen & Kaylene Thompson
  
o/8 A & BGertrude Wolfaardt & Jorika von Wielligh
o/8 C & DZoe Phillips & Charlize Swanepoel
o/8 Res Martie Ferreira & Karli Klem
  
o/9 A & BMariet Boshoff & Emmari Sales
o/9 C & DIlse van Niekerk & Ilona Kleyn
o/9 ResKathy Germishuys & Hedy Koegelenberg
  
o/10 A & BAnnelie Fourie
o/10 B & BJorika von Wielligh
o/10 C & DChantel Terblance & Jody Cronje
o/10 ResSuzette vd Westhuizen & Irma-Lee Saul
  
o/11 A & BMarizan Berndt & Annie Hartung
o/11 C & DAnjo Zondagh & Karli Klem
o/11 ResZanelle Kuyler & Kaylene Thompson
  
o/12 AZani Coleman
0/12 BChante Coeries
o/12 C & DJene-Leigh Carolus , Zoë Phillips
0/12 ResYani Havelaar
  
o/13 ARolandi Steyn
0/13 BChantelle Hattingh
o/13 C & DRiekie Nel & Chrisna Kapp
ResLeane Barnard
ERKENNING

o/11, o/12 en o/13-netbalspeelsters neem aan Eden-proewe deel.
o/13-speelsters wat in die Eden-span opgeneem word, kan ook aan die Wes-Kaapproewe gaan deelneem. Speelsters wat in die Wes-Kaapspan opgeneem word, sal aan SA-toernooi deelneem.

o/13A-speelsters speel deurgaans in geborgde wedstryddrag. Vir die ESS-toernooi word die o/11-span ook toegelaat om in geborgde wedstryddrag te speel.

Speelsters ontvang erkenning vir prestasties behaal tydens saalperiode, in die Loerienuus, op D6 en in die plaaslike koerant.

Leerders wat uitsonderlik presteer ontvang erkenning volgens die Prestige-Aand se beleid.

Netbal is geanker in waardes

Die karaktertransformasie-program is ‘n integrale deel van die beginsels wat ons uitleef:

  • Betroubaarheid, respek, verantwoordelikheid, regverdigheid, omgee, goeie burgerskap.
  • Respek vir jou eie liggaam en die opponent se liggaam.
  • Respek vir die reëls van die spel.
  • Respek vir mede spanmaats en skeidsregter.
  • Strewe na liggamlike fiksheid en vermy selfsugtigheid.
  • Deel jou sukses met ander.
  • Dank die Skepper vir jou talente en leef dit voluit.
  • Wen as jy kan maar verloor met waardigheid.
  • Deel te neem aan die spel en met eerlikheid te speel en dit met oorgawe te doen.