Back
Alles soos dit gebeur
Nuwe produkte beskikbaar
Kry dit hier
Aflaaibare dokumente

Ons Graad RR-klassies is by Tuinedal gemeente op hul eie kampus.  Dit is ‘n veilige, rustige omgewing met meer as genoeg spasie waar kinders kan speel, hardloop en ontdek. Jou kleuter se skoolloopbaan kan reeds in Graad RR begin met Laerskool George-Suid se waardes en beginsels.

Laerskool George-Suid is Uniek

Laerskool George-Suid, ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis, is geleë tussen die pragtige Outeniquaberge en die Indiese Oseaan.

Ons glo dat uitnemendheid by omgee begin. Leerders kan groei en voorberei vir ’n toekoms waarin hulle hulself nie net kan handhaaf nie, maar ook ’n daadwerklike verskil kan maak. Leerders word daagliks blootgestel aan die waardegedrewe stelsel van karaktertransformasie wat ons volg.

Laerskool George-Suid is ‘n skool vir geleenthede in tye van verandering. Ons doel is om ons leerders met die volgende slagspreuk vir die lewe toe te rus: DROOM GROOT!  WERK HARD!  GEE OM!

Volg ons op Sosiale Media

Skool van uitnemendheid

AKADEMIE >

Uitnemende Afrikaanse Onderrig

KULTUUR >

Individuele & Massa Deelname

SPORT >

Sportafrigting & Spanne

1289
Leerlinge
118
Personeel
64
Skoolbestaansjare
7800
Webwerf besoekers per jaar

Waardes van ons skool

Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik:

Geestelik, Akademie, Sport en Kultuur.

Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan met die gepaardgaande aanleer van die volgende waardes:

Respek, omgee, burgerskap, regverdigheid, betroubaarheid, verantwoordelikheid en dankbaarheid.

Kommunikasie

Webjoernaal

Waardevolle-Loeries

Waardevolle Loeries

Loerieland is ons leerders se huis weg van die huis. Die skool se waardes is daar gestel om ‘n goue draadjie tussen die skool en huis te vorm. Daarom is dit belangrik dat ons aandag aan waardes skenk.

In Loerieland is almal waardevol. Elke Loerie is uniek, individueel en kosbaar. Gedurende hierdie jaar wil ons graag ons waardes afstof en beklemtoon. Ons gaan in elke kwartaal op twee waardes fokus. In hierdie kwartaal fokus ons op verantwoordelikheid en omgee. Ons spandeer vier weke aan elke waarde. Daar is in elke week ‘n spesifieke fokusarea. In hierdie artikel wil ek graag aandag skenk aan wat waardes beteken en die twee waardes vir hierdie kwartaal beklemtoon.

Borge

Volg ons op
Sosiale Media