#KomOnsSing
Ons kore is ons uitvoerproduk! Hul koorsang is van hoogstaande gehalte, volgens netheid kan hul deur ‘n ring getrek word en al die koorlede tree as ambassadeurs van ons skool op.
Voordat leerders in die juniorkoor opgeneem word, moet hul ‘n deeglike stemtoets slaag.
KOORLEIDSTER:
Surika Louw
DIRIGENT:
Surita McWilliams
OEFENTYE:
Dinsdae & Donderdae Oggende:
07:30
OPTREDES:
Formele optredes, Musiek Montage, George Koorfees & Inligtingsdag.
KOORDRAG:
Dogters: Skoolrok, swart baadjie (te huur teen R100 per jaar by die Klerebank), swart skoolskoene met wit sokkies (somer) of lang swart sykouse (winter), langhare – Franse vlegsel met ou goud lint (nie geel nie).
Seuns: Swart baadjie (te huur teen R100 per jaar by die Klerebank), wit langmouhemp (te huur), skooldas (te huur), grys skool langbroek, swart skoolskoene, lang grys sokkies.