#OnsGeeOm
Landsdiens is ‘n aktiewe beweging by Laerskool George-Suid vir Gr. 3-7 leerders. Dit maak leerders bewus van omgee en liefde vir die omgewing, maats en ons Skepper. Landsdieners het hope pret. Daar word gekamp, handwerk gedoen, geroei, geswem, gestap, geëet en gespeel!
Leerders is entoesiastiese lede van die Landsdiensklub. Registrasie beloop R70 per jaar. Dit is met groot opgewondenheid wat Landsdieners elke keer uitsien na Landsdiens-aktiwiteite:
- Een landsdienskamp per kwartaal
- Spesiale omgewings-bewusmakingsprojekte
Landsdieners wat op leiersvlak uitblink kwalifiseer jaarliks vir die Nasionale kamp waar Landsdieners van regoor die land saamtrek om omgewingskwessies aan te spreek.