Back

#Slaandiebal

Indien ‘n speler vir ons skoolspan wil speel, kan hy/sy ‘n tennisspeler op die tennisleer daag.  Indien die speler die wedstryd wen, neem die speler daardie spesifieke speler se plek op die tennisleer in.  Indien hy/sy verloor, val hul onder op die leer in.  Dan kan elke speler gedaag word en kan die speler stelselmatig opskuif, ongeag ouderdom.  Die tennishoof moet te alle tye hieroor ingelig wees.

Die skool se A-span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters.  Indien ons skool 2 of meer Eden-spelers in ons span het, speel ons skool in die A-liga.

Die B-span bestaan uit die volgende 4 seuns en dogters op die tennisleer.

Tennisspelers op LGS se tennisleer, d.w.s die A en B tennisspanne, oefen vanaf die 1ste tot die 4de kwartaal op Maandae van 14:15 – 15:15 by een van GREAT Tennis se afrigters. 

Ons tennis het geweldig gegroei en ons het nou ook ‘n o.11 span wat aan wedstryde en toernooie deelneem.  Hierdie groep oefen op ‘n Dinsdag in kwartaal 1 en 4.  Die res van die skool, gr. 3-7 oefen op ‘n Donderdag in kwartaal 1 en 4. 

Daar is ook rooi- en oranjebal oefeninge op ‘n Woensdag vir ons gr. 1, 2 en 3-leerders wat alreeds wedstryde kan speel.  Hierdie spanne neem ook aan toernooie deel.  Die res van die Gr. 1 en 2 tennisspelers neem deel aan junior sport.

Tydens die eerste en vierde kwartaal is daar ‘n liga-wedstryde wat deur die Eden-bestuur gereël word.  Tydens die liga kry ons spelers baie goeie wedstrydoefening.  Die res van die spanne speel vriendskaplike wedstryde.

Die Eden-bestuur tref al die reëlings vir die Eden-proewe.  Daar word nie ‘n George-span gekies nie, slegs ‘n Eden-span.  Spelers wat aan die proewe wil deelneem, kan aanlyn inskryf by www.sportyhq.com.  Hierdie proewe, wat aan die begin van die jaar gehou word, behels dat ‘n “round robin” gespeel word.  Die top 8 spelers van ‘n ouderdomsgroep word vir die span gekies.  Spelers moet ook aan die Mini-toernooie deelneem.  

Spelers wat bereid is om vir afrigting te betaal, kan by GREAT Tennis afrigting ontvang.  Tye sal afhang van die beskikbaarheid van tennisbane en die program van die GREAT-afrigters.

KOÖRDINEERDER:
Nadine Greef 

SPAN

AFRIGTERS

Skoolspan

Nadine Greeff, Chanté Johnson, GREAT Akademie

Graad 3-7

Zani Coleman, Chanté Coeries, Annie Kruger

0/10 – 0/11 span

Zani Coleman, Annie Kruger

Oranjebal-spanne

Suzette vd Westuizen, Leandri Swanepoel, GREAT Akademie

Rooibal-spanne

Hedy Koegelenberg, Kaylene Thompson, GREAT Akademie