Back

#WenAsJyKan

Sport is die mini-oefenterrein vir waardes en norme vir aanvaarbaarheid deur die portuurgroep. Dit is ook die vestiging van die selfkonsep en eie identiteit van sosialisering, karaktervorming en leierskap.

Die opvoedkundige implikasies hiervan is legio bv. eerlikheid, regverdigheid, selfdissipline, moed, deursettingsvermoë, selfbeheersing, spangees, konsentrasievermoë en kameraadskap.

Die mens se behoefte om te kompeteer en te presteer word duidelik wêreldwyd in sport weerspieël. Die kameraderie en plesier wat uit deelname aan sport voortspruit, is voor die hand liggend. Neem deel en word deel van die groter Laerskool George-Suid gemeenskap.

Wen as jy kan, maar verloor soos ‘n man!

Sportdrag

LGS SPORT – DOGTERS:

Nuwe LGS Gholfhemp.

Graad 1-3:  LGS Broekie

Graad 4-7:  LGS Rompie/Broekie

LGS SPORT – SEUNS:
Nuwe LGS Gholfhemp.

LGS Sportbroekie

Indien Gr. 1 tot 6-leerders die korrekte LO-drag tydens LO-periodes dra, is dit nie nodig dat hul na afloop van LO-periodes weer skooldrag aantrek nie.

Indien leerders gedurende die winter hul skoolsweetpak met die LO-hempie tydens LO-periodes dra, is sokkies en tekkies daarby verpligtend. Geel LGS-sokkies is toelaatbaar, LGS Langmouhemp is ook toelaatbaar.

Daar word van leerders verwag om die korrekte kleredrag tydens LO periodes te dra.

SWEETPAK: 
Swart sweetpakbroek met geel strepie (“piping”) langs die sye.
LGS Sweetpakbaadjie.
Sokkies en tekkies is  verpligtend.

PETTE:
Swart pette met Loerie-logo.

Wedstryddrag word deur die betrokke span-afrigter bevestig.

Seuns: Swart speedo of “second skin” vir galas.
Dogters: Swart eenstuk swembroek.
Geel of swart swempet (verpligtend vir swem).
Swembril (opsioneel net vir swem).
LGS sport hempie.
Swart LGS sport broekie.

Wedstryddrag word deur die betrokke span-afrigter bevestig.

Wedstryddrag word deur die betrokke span-afrigter bevestig.

Junior Sport

Maandae & Woensdae

Graad 1 Rugby & Netbal 12:15-12:50

Dinsdae & Donderdae

Graad 2 Rugby & Netbal 12:15-12:50

Skaak: Dinsdae & Vrydae 14:00-15:00

Hokkie word in die derde kwartaal beoefen.

Tennis & krieket word in die eerste & vierde kwartaal beoefen.

Senior Sport

Laai die sportrooster vir die kwartaal af.

Sportbeleid