#Slaandiebal
o/7, o/8 en o/9-krieketspelers speel mini-krieket. Hulle kry geleentheid om aan toernooie deel te neem. Hierdie ouderdomsgroepe het slegs 8 spelers in ‘n span. Mini-krieket word op ‘n kleiner veld gespeel en elke span kry 16 boulbeurte.
o/10, o/11, o/12 en o/13-krieketspelers speel op ‘n vol veld. Hulle is 11 in ‘n span en elke span kry 20 boulbeurte elk.
Spelers kry geleentheid om liga-wedstryde te speel. Aan die einde van elke wedstryd word ‘n speler van die wedstryd gekies.
Spelers wat 50 of meer lopies in ‘n wedstryd aanteken, ontvang ‘n klein krieketkolf. Indien ‘n speler 5 paaltjies of ‘n drie-kuns kry, ontvang hulle ‘n krieketbal. Die speler van die wedstryd dra groen sokkies tydens die volgende wedstryd. Soveel as moontlik spanne word in die liga ingeskryf om te verseker dat almal ‘n kans kry.
KOÖRDINEERDER:
Theo du Plessis
ASSISTENT KOÖRDINEERDER:
Anton de Reuck
SPAN |
AFRIGTER/S |
o/13A |
Theo du Plessis, Juhandre Barnard |
o/13B |
Anton Joubert |
o/13C |
Helmo Gericke, Lance Roelfse |
o/11A |
Ean Eygelaar |
o/11B |
Ruan Boshoff |
o/11C, D |
Christie van Wyk, Jay-Jay Snyman |
o/9 A B C D E |
Anton de Reuck, Lance Roelfse, Jaco Coetzee, Kevin Gibson |
o/8 A B C D E |
Anton de Reuck, Ruan Boshoff, Kevin Gibson, Charl Maree, Shawnton Prins |
o/7 A B C D E |
Anton de Reuck, Ruan Boshoff, Kevin Gibson, Charl Maree, Shawnton Prins |