Back

Bestel hier

Kliek die Loeriewinkel ikoon hieronder om die winkel te besoek.

Of bestel per epos by:  loeriewinkel@lgs.co.za

Betaling kan per EFT in die skool se bankrekening gemaak word. Epos asb die bewys van betaling saam met die bestelnommer na: loeriewinkel@lgs.co.za

Bankbesonderhede

Nedbank tjekrekening
Laerskool George-Suid
George-tak: 162-645
Rekeningnommer: 1626 033 560
Verwysing: Kind se naam & van / Loeriewinkel

Ouers en leerders kan ons winkel op die skoolterrein besoek. Nuwe LO-drag, wat die LO-broekie en hempie insluit word in die winkel verkoop.

Om ouers tegemoed te kom, lewer die LGS-klerebank ‘n onbaatsugtige diens deur maklike toegang tot goeie tweedehandse skooldrag, aan ouers te bied. Hierdie klere is skoon en in ‘n baie goeie toestand.

Alle items is teen billike pryse beskikbaar. Verlore klere word by die klerebank ingehandig. Leerders is welkom om persoonlike items op te eis sodra hul agtergekom het dat hul van hul klere verlê het. Verlore items sal slegs vir 2 weke gehou word, daarna word items weggedoen of geskenk.

Vir verdere navrae kan me. Nicolette Hagen gekontak word.

TYE:

Maandae tot Donderdae:

  • Oggend 07:15 tot 09:00
  • Middag 13:00 tot 15:00

Vrydae

  • Oggend 07:15 tot 09:00
  • Middag 13:00 tot 14:00