Back

#Aanhouerwen

Bergfiets is einde April 2016 aan LGS-leerders bekendgestel en spog met unieke fietsrydrag nl. ‘n LGS-Bergfietshemp en Loerie-sokkies.

DOELSTELLINGS

Om by leerders ‘n liefde vir fisiese aktiwiteite aan te kweek. Om ‘n liefde en respek vir die natuur aan te kweek. Om fiksheid en avontuurlus aan te kweek. Om leerders se selfbeeld te bou. Om ‘n spangevoel en lojaliteit vir ons skool te bou.

OEFENINGE

Oefeninge fokus op basiese vaardighede in die hantering van die fiets en basiese fiksheid.

Oefeninge word uitgebrei na tegniese vaardighede op enkelspoorpaadjies en om uithouvermoë aan te kweek.

Oefentye: 

Een middag die week oefen gr. 4 – 7 ryers.

Een middag die week oefen gr. 1 – 3 ryers.

Oefeninge vind op verskillende plekke naby of in die bos plaas.  Ouers word aangemoedig om saam te ry.

TOERUSTING

Elke deelnemer moet sy/haar eie fiets hê, asook ‘n valhelm. Valhelm moet te alle tye gedra word.

KLEREDRAG

Ons neem deel aan wedrenne in ons Laerskool George-Suid fietsryhemp. Geel Loerie-sokkies is opsioneel.  Die fietsryhemde en sokkies is by die skool se Klerebank beskikbaar.

WEDRENNE

Die skool neem deel aan die Suid-Kaap Skoleresies wat in die “Cross Country”-formaat is.  Ryers kan met elke wedren punte vir die skool verdien.  Die beste laerskool in die Suid-Kaap ontvang jaarliks ‘n trofee.  Die beste ryers van elke ouderdom kry ‘n geleentheid om aan die Nasionale Skoleresies teen die ander skole van die land mee te ding.

ERKENNING

Alle ryers wat ‘n resies voltooi, ontvang ‘n medalje.  Die beste ryers van elke ouderdom, ontvang erkenning in die saal. Aan die einde van die jaar word die volgende bekers uitgedeel:

Beste Junior dogter en seun Bergfietsryer (Gr. 4 – 5)

Beste Senior dogter en seun Bergfietsryer (Gr. 6 – 7)

OUDERDOMSGROEPE

Seuns en dogters 13 jaar neem deel as Sub-Juniors.

Seuns en dogters 11 – 12 jaar neem deel as Sprogs.

Seuns en dogters 9 – 10 jaar neem deel as Nippers.

Seuns en dogters 7 – 8 jaar neem deel as Pre-Nippers.

KOÖRDINEERDER:
Etresia Heyns

AFRIGTERS:
Lisa du Preez, M Theron, Liezel Snyman