ONTGIN ‘N LEGIO VAN MOONTLIKHEDE!
Waarom bemarking doen by Laerskool George-Suid?
Ons het gevestigde bande met ons gemeenskap, beide op sosiale en besigheidsvlak. Dit bied aan u besigheid ‘n wye netwerkarea. U bemarkingsaksie verleen direkte finansiële steun aan die skool. Dit maak die las van ons ouers ligter en verleen gelyke geleenthede aan alle leerders. Hierdeur maak u ook ‘n indirekte belegging in ons jeug. U het onmiddellike toegang tot ‘n ontvanklike teikengroep van minstens 3000 mense.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid van bemarkingsgeleenthede. Dit is ‘n unieke geleentheid om met ‘n spogskool in George geassosieer te word.
Bemarkingsgeleenthede vir 2021
1. Interne nuusbrief: Loerienuus en d6-kommunikeerder
Die Loerienuus word elke tweede Vrydag op klasse se WhatsApp groep aangestuur aan ouers, asook op die d6-kommunikeerder geplaas. Advertensies verskyn in hierdie nuusbrief en bereik alle Loerie-ouers. Kostes vir advertensies in die Loerienuus per uitgawe beloop soos volg:
Volblad: R1 000
Halfblad: R750
Kwartblad: R450
2. Webblad
Reklamegeleenthede beskikbaar op www.lgs.co.za.
Koste: R6000 vir ‘n jaar se blootstelling op ons webtuiste.
3. Advertensiebord
Op die hoek van Laing- en Meadestraat is ‘n groot advertensiebord waar besighede kan adverteer. Advertensiespasie word vir ‘n jaar tydperk toegeken met die opsie om elke nuwe jaar te verleng.
Koste: R6 000 per jaar (R500 per maand).
Die koste van die advertensie is slegs vir die spasie. Die maak van die bord is vir u eie rekening.
4. Borgskap van sport- of kultuurspanne
Hier word gekyk na waar daar ‘n behoefte is. Indien u belangstel om hier te adverteer kan u ons kontak en ons sal die behoefte aan u deur kommunikeer.
5. Dagboeke 2022
Elke leerling ontvang ‘n dagboek vir die jaar waarin al die datums van gebeure aangeteken is en wat dien as huiswerkboekies. Tussen elke kwartaal is daar advertensiespasie beskikbaar, asook op die laaste bladsy.
Navrae
Indien u meer inligting oor ‘n spesifieke advertensie wil bekom, is u welkom om ons enige tyd te kontak: bemarking@lgs.co.za