Back

#OuersKomKyk

Aan die begin van ‘n jaar, binne die eerste twee weke, word daar ‘n inligtingsaand vir ouers in die onderskeie klaskamers gehou.  Ouers kry dan geleentheid om met die onderwyser/es kennis te maak en inligting oor klaskamerpraktyke te ontvang.  Belangrike inligting word op hierdie inligtingsaand deurgegee en ‘n oorsig oor die jaar se akademie word gedek.

Aan die begin van die tweede en derde kwartaal word daar verpligte afsprake met ouers gemaak.  Hierdie afsprake vind op uitnodiging plaas.  Ouers wat die onderwyseres wil kontak, is ook welkom om ‘n afspraak te maak. 

Tydens die derde kwartaal is ouers ook welkom om tydens die Oueraand hul kinders se vraestelle by die onderwyser/es te besigtig om sodoende ‘n gevolgtrekking te kan maak oor hoe die spesifieke leerder sy/haar vraestelle voltooi het en watter foute gemaak word. 

Aan die einde van die jaar word spesifieke afsprake met ouers van leerders wat meer tyd benodig, gemaak. 

Indien nodig, sal personeel ouers deurlopend kontak om hul op hoogte van leerders se vordering te bring.