LGS Kurrikulum
Die Kurrikulum van Laerskool George-Suid is dinamies, aktueel en van hoogstaande gehalte. Die ontwikkeling van die kurrikulum is ‘n deurlopende proses. Dit word voortdurend verfyn en aangepas om leerders vir die uitdagings van die Hoërskool en volwasse wêreld daar buite voor te berei. Hierdie benadering moet verseker dat leerders kennis en vaardighede op sinvolle wyse kan toepas.
Met die KABV, Kurrikulum en Assesseringsbeleid-verklaring, voorgeskryf deur die WKOD, word die proses van leer net so belangrik as die inhoudelike geag. Die doel van hierdie benadering is om Taal- en Wiskunde-prestasies te verbeter. Daar word van leerders verwag om daagliks te lees, te skryf en berekeninge te doen. Leerders kry ook op ‘n gereelde basis Afrikaanse, Engelse en Wiskunde huiswerk.
As ondersteuning van die WKOD is handboeke, werkboeke en leesreekse aan leerders voorsien. Dit word daagliks gebruik en dien as toepassing en vaslegging van begrippe wat aangeleer is.
Personeel beskik oor die volgende WKOD-handleidings waarin besonderhede oor KABV saamgevat is:
- Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring Gr. R-12 (KABV)
- Nasionale Beleid rakende die program- en bevorderingsvereistes (NPPPPR)
- Nasionale Protokol vir Assessering Gr. R-12 (NPA)