#Korthou
Seuns- en dogterspanne oefen op hul eie en neem aan liga-wedstryde en toernooie deel. Om in die A-liga te kan speel, moet 2 of meer spelers van die skool oor ‘n amptlelike voorgee beskik. Om in die B-liga te speel, is dit nie nodig vir spelers om ‘n voorgee te hê nie. ‘n Span bestaan uit 4 spelers.
LGS het 4 seunspanne en 1 dogterspan wat in die liga ingeskryf is. Die B-liga bepaal dat spelers op korter afstande speel, slegs 9 putjies. Spelers speel in ‘n 4-bal kompetisie. Spelers speel met hul eie gholfstel, gholfballe en pennetjies.
Die kostes per toernooi wissel. Liga-spelers speel 1 Maandag per maand. Deur die loop van die jaar speel hul 10 toernooie en neem ook aan die Ernie Els-toernooi deel.
GHOLFBANE VIR LIGA:
Oubaai, George en Kingswood.
Meeste van die liga toernooie is in George.
KOÖRDINEERDER:
Ean Eygelaar
AFRIGTER:
Roelof Roeloffze