Back

#Skaakmat

Toernooie: Individueel

Skaakspelers neem aan individuele toernooie nl. George Proewe (streekstoernooi), Eden Proewe (streekstoernooi), Wes-Kaap Proewe (provinsiale toernooi), SA Junior Geslote Skaakampioenskappe (Nasionale toernooi) en Afrika Jeug Skaakkampioenskappe (Internasionale toernooi) deel. 

Toernooie: Span

Topskole-toernooie

Skaakspelers neem aan die Topskole-toernooi met ses spelers in ‘n span deel.  Na afloop van die George Topskole-toernooi, dring die beste twee spanne per ouderdomsgroep (o/7 – o/13) na die Eden Topskole-toernooi en dan na die Wes-Kaap Topskole-toernooi deur.

Skoolspan-toernooie

Skaakspelers neem aan die Loerie Skaaktoernooi en George-Suid Senior Skaaktoernooi met vyf spelers (o/11 en o/13) in ‘n span deel.  Skole neem op uitnodiging deel.

Interskole-toernooie

Skaakspelers neem aan Interskole-toernooie teen ander skole nl. Outeniqua, Denneoord, Handhaaf en Holy Cross deel.

Erkenning

Tydens saalbyeenkomste ontvang skaakspelers erkenning vir prestasies behaal.  Erkenning word ook op ons Facebook-blad, in die Loerienuus en op die D6 gegee. Leerders wat uitsonderlik presteer ontvang erkenning volgens die Prestige aand se beleid.

Skaaktye:  

Dinsdae: 14:00 – 15:00 en Vrydae:  13:00 – 14:00

KOÖRDINEERDER:
Karen Adendorff

AFRIGTER:
Suné Swart