Back

#SingSaam

Dirigent:
Nadja Swanepoel

Oefentye:
Maandae 14:00 -15:00
Woensdae 07:00 – 07:40
Vrydae 07:00 – 07:40

Koordrag Dogters:
Skoolrok, swart koorbaadjie, swart skoolskoene met wit sokkies (somer) of lang swart sykouse (winter).

Koordrag Seuns:
Swart koorbaadjie, wit langmouhemp, skooldas, grys skool langbroek, swart skoolskoene, lang grys sokkies.

Nadja Swanepoel is in beheer van baadjies vir optredes. Baadjies word voor optredes by haar afgehaal en die eerste skooldag na optredes, terugbesorg.

 

Optredes:
ATKV Applous (Mei)
Outeniqua Koorfees (Augustus)
LGS Seniorkoor & Carpe Musicam! Pops Band (September)
Prestige Aand (November)

Spesiale optredes:

ATKV-Applous 2026
Die Seniorkoor het aan die ATKV-Applous-koorkompetisie deelgeneem en ’n Silwer-toekenning met ’n punt van 70–79% behaal. Die deelname het aan die leerders waardevolle geleentheid gebied om hul koorvaardighede te ontwikkel en hulself teen ander skoolkore te meet.

Outeniqua Koorfees 2026
Die Seniorkoor het aan die Outeniqua Koorfees deelgeneem en ’n B+-toekenning met ’n punt van 70–75% behaal. Die koor se deelname aan hierdie plaaslike koorfees was ’n waardevolle ervaring en het die leerders die geleentheid gebied om hul liefde vir koorsang en musiek met ander jong sangers te deel.

Carpe Musicam! PopsBand-konsert 2026
Die Seniorkoor het saam met die Carpe Musicam! PopsBand aan ’n spesiale konsert deelgeneem. Die konsert het aan die koor, orkes en musiekleerders die geleentheid gebied om saam te werk en as ’n groter musikale ensemble op te tree. Die musiekleerders het saam met die orkes opgetree, wat ’n besonderse ervaring en hoogtepunt vir die musiekdepartement was.