Betalings

Elektroniese inbetalings (EFT), kontant- of kaartbetalings word aanbeveel. Gebruik asseblief u verwysingsnommer wanneer elektroniese inbetalings gemaak word. 

Kontantbetalings moet persoonlik deur ouers by die finansiële kantoor inbetaal word.  Betalings moet die skool voor die einde van elke maand bereik. Indien probleme ondervind word met die betaling van skoolgeld, kan ‘n afspraak met die Finansiële Komitee van die Beheerliggaam gemaak word.

2020 Fooie

Navrae kan aan
Me. Daleen Moolman

gerig word.
SKAKEL: 044 873 3464