#LosSpore

Laerskool George-Suid se kultuur is ‘n borrelende pot gevul met heerlike verrassings.

Daar is ‘n volwaardige musiekdepartement waar leerders kan kies tussen nege instrumente met musiekteorie onderrig.

Ons het twee kore wat provinsiaal & nasionaal deelneem sowel as twee ensemblegroepe, vokaal en instrumentaal, wat hulle merk maak.

Ons redenaars doen op nasionale vlak hul woord en ‘n lewendige landsdiensklub beloof baie opwinding.