#Houdiebal
Spanne neem aan toernooie, sportdae en liga wedstryde deel. Daar is baie toerspanne wat by ons kom speel. o/11 A en B neem deel aan die Willie le Roux-rugbyfees in Stellenbosch. Die o/13 A en B rugbyspanne neem aan die Marlow O/13 Rugbyfees deel. Die velde, afrigters en spelers moet aan al die Bok-Smart-voorskrifte voldoen.
o/7, o/8 en o/9: Daar is 10 spelers in ‘n span, hulle speel net op ‘n halwe veld. Hul skop nog nie pale toe nie en vorm ook nie vaste skrums nie. Hierdie spanne se wedstryde is slegs 10 minute aan ‘n kant.
o/7 en o/8-spanne speel nie liga-wedstryde nie. o/7 en o/8 speel Tag-rugby. o/9 speel volle kontak.
o/11 en o/13: Daar is 15 spelers in ‘n span. Hulle speel op ‘n vol veld, 20-minute aan ‘n kant en die volle IRB-reëls word toegepas. Die o/13A-span is die enigste span wat 25-minute aan ‘n kant speel.
o/12 en o/13-spelers word vir SWD-proewe ingeskryf. o/13-spelers wat vir die SWD-A span gekies word, neem deel aan die Cravenweek-toernooi. o/13-spelers wat vir die SWD-B span gekies is, neem deel aan die Akademie Week. o/12-SWD spelers neem aan ‘n interprovinsiale toernooi deel. Daar word 3 spanne gekies.
KOÖRDINEERDERS:
o/7 – o/9 Anton de Reuck | o/11 – o/13 Theo du Plessis
SPAN | AFRIGTER/S |
o/13A | Theo du Plessis, Jono Botha |
o/13B | Konrad Postma, Charl Maree |
o/13C, D | Marco Titus, Jayden Cedares, Leoghan Stefans |
o/11A | Inus Brooks, Ruhan Boshoff, Bennet Nortje |
o/11B | Phillip Fouche, Marko Steyn |
o/11C,D | Jayden Cedares, Leoghan Stefans |
o/9 ABCD | Anton de Reuck, Marko Titus, Leighthon Malgas, Bennet Nortje |
o/8 ABCD | Anton De Reuck, Phillip Fouche, Ruan Boshoff, Leigthon Malgas, Charl Maree, Bennet Nortje, Jayden Sedares, Leoghan Stefans |
o/7 ABCD | Anton De Reuck, Bennet Nortje, Jayden Sedares, Charl Maree, Leigthon Malgas, Phillip Fouche, Ruan Boshoff, Leoghan Stefans |
|






