Back

#Kokke-Loeries

Dit kook behoorlik op Dinsdae by die Loerie. Welriekende geure maak man en muis nuuskierig oor wat aangaan!

Dis natuurlik KOSGENOT wat almal se monde laat water. Teen slegs R650 per kwartaal (kwartaal 1 en 2 en 3) en R400 vir kwartaal 4 kan Gr. 5 en 6-leerders hul slag in die kombuis wys. Nie almal is lief vir sport nie en dis dalk jou geleentheid om jou kosdrome te laat waar word.

Dinsdae is natuurlik ook Mamma se af-aand, want klein Kokke-Loerie bring die kos wat gemaak is, saam huis toe! Dis lekker! Dis pret! Die ideale manier om ‘n opwindende dag mee af te sluit!

KOÖRDINEERDER:
A Engelbrecht

HULP:
K Postma