#Houbenehou
Ons hoofdoel met landloop is om hardloop en oefen vir die atlete lekker te maak. Ons wil ‘n liefde vir hardloop kweek wat hopelik ‘n leefwyse sal word.
Daar word nie formele landloopoefeninge by die skool aangebied nie. Leerders werk selfstandig aan hul fiksheid. Die skool hanteer wel die administrasie rakende inskrywings en verwante reëlings. Ons fokus op algemene fiksheid, wat ‘n waardevolle voordeel vir deelname aan alle sportsoorte inhou.
Landloop verg toewyding en verbeter elke atleet se selfbeeld, selfdissipline en doelgerigheid.
KOÖRDINEERDERS:
Neva Bernstein, Gertrude Wolfaardt






