
Ons Graad RR-klassies is by Tuinedal gemeente op hul eie kampus. Dit is ‘n veilige, rustige omgewing met meer as genoeg spasie waar kinders kan speel, hardloop en ontdek. Jou kleuter se skoolloopbaan kan reeds in Graad RR begin met Laerskool George-Suid se waardes en beginsels.
Laerskool George-Suid, ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis, is geleë tussen die pragtige Outeniquaberge en die Indiese Oseaan.
Ons glo dat uitnemendheid by omgee begin. Leerders kan groei en voorberei vir ’n toekoms waarin hulle hulself nie net kan handhaaf nie, maar ook ’n daadwerklike verskil kan maak. Leerders word daagliks blootgestel aan die waardegedrewe stelsel van karaktertransformasie wat ons volg.
Laerskool George-Suid is ‘n skool vir geleenthede in tye van verandering. Ons doel is om ons leerders met die volgende slagspreuk vir die lewe toe te rus: DROOM GROOT! WERK HARD! GEE OM!
Volg ons op Sosiale Media
Skool van uitnemendheid

AKADEMIE >
Uitnemende Afrikaanse Onderrig

KULTUUR >
Individuele & Massa Deelname

SPORT >
Sportafrigting & Spanne
Waardes van ons skool
Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik:
Geestelik, Akademie, Sport en Kultuur.
Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan met die gepaardgaande aanleer van die volgende waardes:
Respek, omgee, burgerskap, regverdigheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid.







Ons het met trots ons 60ste bestaansjaar gevier (1960 - 2020)
Borge










Volg ons op
Sosiale Media





