Skoollied

Ons is omring deur berg en see,

van tuin en blommeprag.

Hier wil ons groei, hier sal ons gee,

die beste van ons krag.

Refrein

Mik vorentoe, steeds vorentoe,

ons leef ons leuse uit.

Kom laat ons saam ons doel bereik

by Laerskool George-Suid.

Ons span die boog sover die oog,

die bloutes kan verken.

Niks hou ons terug, geen grens of perk

ons werk, ons waag, ons wen.

Credo

(Gekomponeer deur Me.Gréta Benadé)

Laerskool George-Suid

Skool van Uitnemendheid

Laerskool George-Suid, die regte besluit,

hier is ons burgers van `n omgee-beleid.

Met respek vir onderwysers,

vir onsself en vir ons maats,

wil ons daagliks verantwoordelik

die waarheid weerkaats.

Betroubaar en regverdig wil ons rekenskap gee –

op die skoolbank en die sportveld, dra ons dit mee.

Ons hoeksteen is geanker op die Rots wat ewig staan.

Ons glo in God, Drie-enig en die Almag van Sy Naam.