Back

#SielInspirasie

Praktiese- en musiekteorielesse vind twee keer per week plaas. Daar word liefde en passie vir elke instrument oorgedra. Daar is aktiewe deelname aan optredes en konserte binne en buite die skool en geleentheid tot insluiting in die ensemblegroepe.

Leerders kry geleentheid om in te skryf vir eksterne praktiese- en/of musiekteorie eksamens by internasionaal geakkrediteerde liggame soos UNISA, ABRSM en Trinity.

LGS se leerders kry dikwels besondere erkenning vanaf die eksterne eksamen liggame. Leerders wat presteer kry erkenning op die jaarlikse toekenningsgeleenthede.  Besondere prestasie word beloon met erekleure. Inligting aangaande die musiekfooie kan verkry word by Skoolgelde.

Met 9 instrumente tot jou keuse, loop Laerskool George-Suid se musiekbeker oor.

Lesse word aangebied in die volgende instrumente:

• Klavier
• Blokfluit
• Dwarsfluit
• Klassieke kitaar
• Begeleidings Kitaar
• Klawerbord
• Ukulele
• Sang

Laerskool George-Suid se musiekpersoneel bied uitstaande onderrig in verskeie instrumente & musiekteorie.  Nie net omdat elkeen baie goed gekwalifiseerd is vir hulle taak nie, maar omdat hulle liefde vir onderrig, musiek en kinders ‘n besondere benadering tot gevolg het.

Musiekliefde word met meelewing en entoesiame oorgedra en het besondere resultate tot gevolg.  Elke leerder word hanteer asof hy/sy die potensiaal van ‘n klein Mozart het.  Die leerders blom onder so ‘n  koesterende benadering.

Doen gerus navraag aangaande onderriggeleenthede vir u kind.

MUSIEKPERSONEEL:

Sanri Oosthuizen (Musiekhoof)
Sunette Naudé
Surita McWilliams
Susan Hattingh