Back

#Aanhouerwen

Tweekamp-byeenkomste vind slegs in die eerste & vierde kwartaal plaas. Tweekamp bestaan uit 2 afdelings:  ‘n hardloop-  en ‘n swemafdeling.

Ouderdomme waarin Laerskool-atlete kan deelneem is o/7 – o/15.

Die ouderdomsgroep waarin die atleet kan deelneem, word bepaal volgens die atleet se ouderdom soos op 31 Desember van daardie spesifieke jaar.

Tweekamp-atlete se hardloop- en swemtye word volgens ‘n punte-tabel bereken. ‘n Atleet word slegs in die EDEN-A-span opgeneem wanneer die atleet meer as 2000 punte behaal het.

Die doel is om mintens 1000 punte vir die hardloopdissipline en 1000 punte vir die swemdissipline te behaal, wat dan ‘n totaal van minstens 2000 punte sal wees.

AFSTANDE VIR DEELNAME VOLGENS OUDERDOMSGROEPE

o/7:  400m hardloop en 25m swem

o/8:  400m hardloop en 25m swem

o/9 en o/11:  800m hardloop en 50m swem

o/13-dogters:  1000m hardloop en 100m swem

o/13-seuns:  1200m hardloop en 100m swem

o/14: 

o/15: 

Byeenkomste word gewoonlik op Oudtshoorn, Mosselbaai en Knysna gehou.  Die hardloop-afdeling vind by die De Jagers sportstadion plaas en die swem by die NA Smit 50m-swembad.

Atlete kry geleentheid om aan proewe byeenkomste, 4 liga-byeenkomste, 2 inter-provinsiale en die SA-byeenkoms deel te neem.  Vir die interprovinsiale en SA-byeenkoms moet atlete volgens die punte-tabel kwalifiseer.

Hardloop:

  • Vir elke 1 sekonde stadiger as die teikentyd, sal 2 punte van die atleet se 1000 punte afgetrek word.
  • Vir elke 1 sekonde vinniger as die teikentyd, sal 2 punte by die atleet se 1000 punte gevoeg word.
  • Vir elke 1 sekonde stadiger as die teikentyd, sal 5 punte van die atleet se 1000 punte afgetrek word.
  • Vir elke 1 sekonde vinniger as die teikentyd, sal 5 punte by die atleet s 1000 punte gevoeg word.
  • Uitsondering: Vir atlete jonger as 13 wat 800m hardloop en swem, sal die swemaanpassing 10 punte per sekonde wees.

KOÖRDINEERDERS:
Ilona Kleyn, Phillip Fouche