Back

#Aanhouerwen

Tweekamp-byeenkomste vind slegs in die eerste & vierde kwartaal plaas. Tweekamp bestaan uit 2 afdelings:  ‘n hardloop-  en ‘n swemafdeling.

Ouderdomme waarin Laerskool-atlete kan deelneem is o/8, o/9, o/11 en o/13.

Die ouderdomsgroep waarin die atleet kan deelneem, word bepaal volgens die atleet se ouderdom soos op 1 September van daardie spesifieke jaar.

AFSTANDE VIR DEELNAME VOLGENS OUDERDOMSGROEPE

o/8:  400m hardloop en 25m swem

o/9 en o/11:  800m hardloop en 50m swem

o/13-dogters:  1000m hardloop en 100m swem

o/13-seuns:  1200m hardloop en 100m swem

Tweekamp-atlete se hardloop- en swemtye word volgens ‘n punte-tabel bereken. ‘n Atleet word slegs in die EDEN-A-span opgeneem wanneer die atleet meer as 2 000 punte behaal het.

Byeenkomste word gewoonlik op Oudtshoorn gehou.  Die hardloop-afdeling vind by die De Jagers sportstadion plaas en die swem by die NA Smit 50m-swembad.

Atlete kry geleentheid om aan proewe byeenkomste, 3 liga-byeenkomste, 2 inter-provinsiale en die SA-byeenkoms deel te neem.  Vir die interprovinsiale en SA-byeenkoms moet atlete volgens die punte-tabel kwalifiseer.

KOÖRDINEERDERS:
Suzette van der Westuizen, Bianca Alberts