Back

Dogtersdrag

Somer:

  • Geel skoolrok, swart skoolskoene en wit sokkies.

Winter

  • Geel skoolrok, swart skoolskoene met lang, swart kouse of grys langbroek, wit dashemp en das, swart skoolskoene en grys sokkies.
  • Swart oortrektrui, swart langmoutrui en skoolreënbaadjie kan dwarsdeur die jaar gedra word.

Opsioneel

  • Graad 4- tot 7-leerders mag die formele swart skoolbaadjie dwarsdeur die jaar dra.  Indien die baadjie gedra word, moet die leerder skoolskoene daarby aanhê. Baadjies beskikbaar by De Jagers Uitrusters.
  • Gr. 1 – 5 dogters mag kaalvoet skool toe kom gedurende die eerste en vierde kwartaal.

Seunsdrag

Somer:
  • Grys kortbroek, wit oopslaanhemp, swart skoolskoene en grys sokkies.
Winter
  • Grys langbroek, wit dashemp, skooldas, swart skoolskoene en grys sokkies.
  • Swart oortrektrui, swart langmoutrui en skoolreënbaadjie kan dwarsdeur die jaar gedra word.
Opsioneel
  • Graad 4- tot 7-leerders mag die formele swart skoolbaadjie dwarsdeur die jaar dra. Indien die baadjie gedra word, moet die leerder skoolskoene daarby aanhê. Baadjies beskikbaar by die De Jagers Uitrusters.
  • Gr. 1 – 5 seuns mag kaalvoet skool toe kom gedurende die eerste en vierde kwartaal.
  • Gr. 6 seuns mag slegs die eerste kwartaal kaalvoet skool toe kom. Die res van hul Gr. 6– en hul Gr. 7-jaar moet hul skoolskoene dra.

Klereverskaffers

Skooldrag, sportdrag en LO-drag is beskikbaar by:
De Jagers
&
Laerskool George-Suid Klerebank
by die skool.