Back

#Rekenaarboffins

Ons moderne rekenaarsentrum beskik oor 40 werkstasies wat deur leerders en personeel gebruik word. Met ’n sterk internetverbinding, dataprojektor en luidsprekers word tegnologie effektief ingespan om leer en onderrig te ondersteun.

Leerders van Graad 2 tot 6 ontvang weekliks ’n uur se rekenaaronderrig. Ons maak gebruik van die Cami-programme om vaardighede in Wiskunde, Afrikaans, Engels, lees en perseptuele ontwikkeling te versterk. Alle leerders van Graad 2 tot 7 het ook toegang tot die aanlyn Cami-programme vir verdere inoefening en hersiening.

Vanaf Graad 4 word leerders aan Microsoft Office-programme, waaronder Word, Excel, Publisher en PowerPoint, bekendgestel. Graad 5-leerders maak verder kennis met kodering, terwyl Graad 6-leerders leer om navorsingstake stapsgewys en verantwoordelik te benader. Hulle word ook op ’n veilige en begeleide wyse aan die gebruik van kunsmatige intelligensie blootgestel.