Met ‘n groot verskeidenheid van eetgoed waaruit leerders, ouers en personeel by die Snoepie kan kies en keur, word ‘n uitstekende diens gelewer. Met ‘n gesonde leefstyl word gesonde eetgewoontes beslis aanbeveel. Gesonde, geurige kos is daagliks beskikbaar. Spyskaarte word weekliks aangepas. Dit sluit geroosterde broodjies, hoender strips, vrugte, smoothies, slaaie, biltong, asook vars voorbereide etes in. Bestellings vir wegneemetes kan vooraf teen billike pryse geplaas word.
TYE:
- Maandae tot Vrydae: 08:00 tot 14:00.
- 1ste en 2de pouses.
- Tydens sportdae.
BETAALOPSIES:
- Kontant
- Kaartmasjien
- Indien daar van die rekening-opsie gebruik gemaak word, moet ouers persoonlik met me. Van der Walt reëlings tref.
Bly op hoogte van die weeklikse spyskaarte deur by die WhatsApp groep aan te sluit: (072 839 3260)
