#SielInspirasie
“Plaas jou kind op ’n verhoog en skep vrymoedigheid vir ‘n leeftyd”.
Eisteddfod-tyd is groot deelname-tyd en groot pret-tyd ook! Laerskool George-Suid glo dat kultuur deelname balans bring in ‘n kind se lewe tussen al die akademiese – en sportaktiwiteite. Dit skep ‘n geronde persoonlikheid wat ‘n breër visie ontwikkel in ‘n kind se wêreldperspektief.
LGS neem met oorgawe deel aan GEORGE EISTEDDFOD. Vanaf Graad R – 7 is ons daar!
• Afrikaanse en Engelse poësie, prosa, monoloë, dialoë, kreatiewe advertensies, spreekkore en alles wat jy aan kan dink. LGS is daar en doen dit ongedramatiseerd of gedramatiseerd, met oorgawe.
• In die musiek afdeling word daar met die agt verskillende instrumente deelgeneem. Eisteddfod-tyd is natuurlik die ideale geleentheid om nie net solo`s nie, maar ook duette en ensembles te laat gedy. Sommige leerders neem ook deel aan Mosselbaai se Eisteddfod.
• LGS se twee kore laat definitief nie ‘n geleentheid verby gaan om hulle stemme te laat hoor nie. Jaar na jaar presteer hulle briljant!
• Inskrywings aan die Visuele kunste word ook met oorgawe ondersteun. Hierdie forum is ‘n besondere geleentheid om aan heelwat leerders blootstelling te gee en nog ‘n faset van hulle mens-wees te ontwikkel.
GEORGE EISTEDDFOD het elke jaar beoordelaars wat op al die verskillende fronte opbouende kommentaar lewer. Nog ‘n platform waar LGS se leerders gebou en gevorm word.
SAMEROEPER:
Me. Susan Hattingh