#TeamLGS
Laerskool George-Suid se Skoolbeheerliggaam is ‘n dinamiese groep ouers en personeel wat deur die ouers van die skool verkies word. Die skool is bevoorreg om staat te kan maak op ouerbetrokkenheid. Die samestelling van die Beheerliggaam is as volg: vyf ouers, twee opvoeders, een nie-opvoeder en die Skoolhoof (ex officio).