#OnsBidVirJou
CHOMP is die afkorting vir Christus Help Ons Met Probleme!
As medegelowiges roep ons die Here se naam aan. Gebedsversoeke kan aan ons deurgegee word. Ons kan waarlik getuig van die Here se werkende hand in ons skool. Daar is ‘n gebedsboks in elke klaskamer. Wanneer ons hierdie gebedsversoeke ontvang, doen ons voorbidding vir die spesifieke leerder en/ of aangeleentheid. Personeel en ouers is ook welkom om ‘n epos-gebedsversoek aan die volgende adres te stuur: onsbidvirjou@gmail.com. Alle versoeke sal vertroulik hanteer word.
Ons wil graag ‘n veilige hawe skep waar almal die vrymoedigheid sal hê om ons te nader met hul behoeftes sodat ons dit aan die Here kan opdra. Indien die Here dit op iemand se hart lê om deel te wees van hierdie gebedsgroepie, is daardie persoon baie welkom om by ons in te skakel.