Pro Ludis Culturae
Die Ouerondersteunersklub (OSK) het ten doel om:
- ouers en voogde deel te maak van hulle leerders se skoolervaring en so die leerders se opvoeding by LGS te verryk;
- as gesamentlike liggaam ’n verwelkomende en ondersteunende omgewing vir alle ouers en voogde te skep;
- as skakel tussen die personeel en ouers en voogde op te tree;
- hulp te verleen aan al die leerderkomitees;
- betrokke te raak by skoolfunksies;
- te help met fondsinsamelings vir spesifieke projekte;
- geleenthede te bied vir ouers en voogde vir die bou en vestiging van netwerke;
- deur die OV-Voorsitter met die Beheerliggaam te kommunikeer en saam te werk; en
- Laerskool George-Suid te help bemark as ’n suksesvolle, presterende, moderne, kreatiewe, en omgee-skool.
Ouerbetrokkenheid is ’n aanwins!
Ons sien daarna uit om jou te ontmoet!
VOORSITTER:
Thabu Bester
ONDER-VOORSITTER:
Marthinus Coleman
SEKRETARESSE:
Riekie Clift
LEDE:
Wiehahn Beukes, DJ Oosthuizen, Johan Haasbroek, Manie Potgieter, Mnr Sas du Plessis, Anton de Reuck, Joggie Helderberg, Callie Jonck, Charl Hulme, Jaco Reyneke & Pierre Bloem.
#volbloedloeries #loerieOSK #raakbetrokke #saamisonssterk








