#DroomGroot
Redenaars word reeds aan die einde van elke jaar deur klasonderwysers geïdentifiseer om die daaropvolgende jaar deel te neem. Hulle ontvang spesifieke ATKV-onderwerpe waaruit hulle ‘n finale keuse kan maak.
Toesprake word privaat geskryf en deur me. Netiche Kotze nagegaan en goedgekeur. Redenaars kry voldoende geleentheid om die toesprake aan haar voor te dra sodat hulle gemaklik is wanneer die tyd aanbreek om op te tree.
REDENAARSKOMPETISIES
- Interne kompetisie: einde van die eerste kwartaal. Die doel van hierdie kompetisie is om graadwenners te bepaal. Hierdie graadwenners kry geleentheid om aan die ATKV-Redenaarskompetisie deel te neem.
- ATKV-Redenaarskompetisie: eerste rondte: tweede kwartaal
- ATKV-Redenaarskompetisie: tweede rondte: tweede kwartaal
Redenaars ding mee teen Redenaars uit die Oos- en Suid-Kaap.
- ATKV-finaal: derde kwartaal.
Indien Redenaars by bogenoemde kompetisies deurgedring het, kry hulle geleentheid om aan die finaal deel te neem. Hierdie is ‘n landswye kompetisie.
Ons skool spog elke jaar met deelnemers wat tot op nasionale vlak deelneem.
By die Erkenningsaande word leerders met ‘n sertifikaat beloon. Die beste junior sowel as senior redenaars sal ‘n trofee ontvang.
SAMEROEPER:
Netiche Kotze






