Back

Vakke

Grondslagfase leerders is in ‘n baie spesiale ontwikkelingsfase van hul lewe. Hulle is ontvanklik en gretig om kennis hul eie te maak. Die ontwikkeling van GSF-leerders is merkbaar en dit is ‘n ongelooflike ervaring om deel te kan wees van al die mylpale wat hul bereik.

VERSKILLENDE ONDER-AFDELINGS PER VAK

Afrikaans Huistaal: Luister en Praat, Lees, Klanke, Skryfwerk, Handskrif, Taalstruktuur

English First Additional Language: Listening & speaking, Reading, Writing, Language structure

Wiskunde: Getalle, Bewerkings en Verhoudings, Patrone, Funksies en Algebra, Ruimte en Vorms, Meting, Datahantering

Lewensvaardigheid: Aanvangskennis, Persoonlike en Sosiale welsyn, Skeppende kunste, Liggaamsopvoeding

AFRIKAANS HUISTAAL: Leesreeks

Gr. 1 en 2 leerders volg die klankbenadering. Die Funda Wande kurrikulum word gebruik.

Die Oxford Storieboom-reeks word met sukses vir Gr.3 leerders gebruik. Daar word aanvaar dat Gr.3 leerders alreeds kan lees en daarom word leesvaardighede uigebrei en verfyn.

ENGLISH FIRST ADDITIONAL LANGUAGE

Engels word van die begin van die jaar af aangeleer. Leerders word blootgestel aan nuwe woordeskat.

WISKUNDE

Alle begrippe word konkreet aangeleer en vorder dan na abstrak. Herhaalde drilwerk is noodsaaklik vir vaslegging van begrippe. Getalgebiede word geleidelik uitgebrei.

LEWENSVAARDIGHEID

Liggaamlike opvoeding is ‘n noodsaaklike komponent van ontwikkeling. Dit is noodsaaklik dat motoriese vaardighede ontwikkel word. Daar word van alle leerders verwag om aan LO deel te neem.

UITVOERENDE & SKEPPENDE KUNS

Dit bied leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef.

Klasse

AANTAL KLASSE PER GRAAD
Gr. 1:  5 klasse
Gr. 2:  5 klasse
Gr. 3:  5 klasse
 
VERPLIGTE AANTAL SKOOLURE

Klas- en persoonlike roosters word volgens die KABV-tydstoedeling opgestel.  Die tydstoedeling van die verskillende onderafdelings per vak is in die KABV-dokumente uiteengesit.  Die voorgeskrewe skoolure per dag, volgens die KABV-tydstoedeling, is saamgestel sonder om die saalbyeenkomste, adminperiodes en pouses in berekening te bring. 

Gr. 1:  07:30 – 13:10
Gr. 2:  07:30 – 13:10
Gr. 3:  07:30 – 13:30

Die totale aantal periodes vir Wiskunde maak voorsiening vir 2 rekenaarperiodes per week waartydens vaslegging van plus- en minuskombinasies, asook maal- en deeltafels gedoen word.  Die CAMI-rekenaarprogram word hiervoor gebruik. 

Daar word ook vir die Gr. 1-3-klasse voorsiening gemaak vir 1 gesamentlike samesang-periode per week.

 
AANLYN-LESSE:

Lesse wat deur die personeel voorberei word, word weekliks op die Aanlyn-program (OurSchool Online Teaching) aan leerders beskikbaar gestel. Hierdie lesse dien as hulpmiddel en vaslegging van begrippe wat in die klas aangeleer is.