#Kulturama

Die Kultuur Komitee het ten doel om leerders wat aan kultuur-aktiwiteite binne en buite skoolverband deelneem, blootstelling en erkenning by die skool te gee. 

Hierdie beweging het jare gelede met die Kultuurtrein begin – die vlagskip kultuurproduksie van die skool.  In 2018 het die Kultuur Komitee al die skool se kultuur aktiwiteite onder een vaandel verenig en staan nou bekend as “Kulturama” – LGS se Kultuur Panorama. 

Verskeie opwindende produksies vind onder hierdie vaandel plaas, waarvan die hoofuitvoerproduk, Class Act, ‘n fantastiese geleentheid is vir oud en jonk om ‘n goeie dosis kultuur te beleef. Hou die D6 kalendar dop vir al die aksie!  

Voorsitter: Me. Tania Swart
Skakelpersoon: Mnr. Hein Marais