#Houdiebal
As topnetbalskool gee ons vir alle speelsters die geleentheid om lewensvaardighede aan te leer wat hulle in staat stel om sover moontlik onafhanklik, selfstandig en verantwoordelike leerders in ons samelewing te word en so hul volle potensiaal te verwesenlik.
Netbal word gespeel vanaf gr. R tot gr. 7 (o/13). Graad R-leerders word onderrig in basiese netbalvaardighede.
JUNIOR SPORT:
Gr. 1 & 2-leerders het 2 keer per week gedurende kwartaal 2 aan die einde van hul skooldag, geleentheid om netbal te beoefen. Hulle speel hoofsaaklik mini-netbal. Sodoende word hulle aan al die posisies op ‘n netbalbaan blootgestel. Deelname en genot is die grootste oorweging hier. Die spannetjies kry geleentheid om op Saterdae aan verskillende plaaslike toernooie/sportdae deel te neem.
SENIOR SPORT :
Dogters vanaf gr. 3-7 oefen Dinsdae en Donderdae na skool gedurende kwartaal 2 en 3. Uitsondering word gemaak vir die o/13 oefengroep wat reeds gedurende die eerste kwartaal begin met voorbereidings vir die Topskole-toernooi gedurende die Maart-skoolvakansie. Aan die einde van kwartaal 1 begin die afrigters met algemene oefeninge en proewe om spanne gereed te kry vir kwartaal 2.
In elke ouderdomsgroep is daar geleentheid vir soveel spanne as moontlik – almal kry geleentheid om te speel.
INTERNE SPORTDAG :
Aan die einde van kwartaal 1 neem klasse teen mekaar deel en word netbal, hokkie en raakrugby gespeel.
MAART-VAKANSIE:
Eden Super Skole Toernooi
Paarl Gimnasium Toernooi
WOENSDAE:
Algemene liga-verpligtinge waaraan A,B en C-spanne deelneem.
SPORTDAE & TOERNOOIE OP SATERDAE:
- Troste aanbieder van Eden Super Series (o/11, o/12 en o/13)
- Nashua –middag/aandtoernooi (Laerskool George-Suid – o/12 & o/13)
- Outeniqua (o/10)
- Laerskool George-Suid (o/11)
- Riversdal
Soveel moontlik spanne word ingeskryf om deel te neem.
INTERSKOLE:
- Handhaaf (uitenhage)
- Outeniqua Laerskool (afsluiting van seisoen)
TOERE:
- o/12 Aloe Cup
- o/13 Toer na Port Elizabeth
KOÖRDINEERDER:
Rolandi Steyn, Angelque Pieterse, Chantel janse van Rensburg
Span | Afrigter/s |
o/7 A & B | Hedy Koegelenberg (A), Kathy Germishuysen (B) |
o/7 C & D | Suzette van der Westhuizen (C), Ilona Kleyn |
o/7 Res | Chane Swanepoel & Charlize Swanepoel |
| |
o/8 A & B | Gertrude Wolfaardt & Jorika von Wielligh |
o/8 C & D | Allison Peterson & Lisa du Preez, Elsje Pienaar |
o/8 Res | Martie Ferreira & Lehandri Swanepoel |
| |
o/9 A & B | Mariet Boshoff & Marizan Berndt |
o/9 C & D | Ilse van Niekerk & Ilona Kleyn |
o/9 Res | Chanel Terblanche & Kathy Germishuys |
| |
o/10 A & B | Zani Coleman & Chante Coeries |
o/10 C & D | Chane Swanepoel & Hedy Koegelenberg |
o/10 Res | Suzette vd Westhuizen & Hanke Kleyn |
| |
o/11 A & B | Anneri Slabbert & Malisca Odendaal |
o/11 C & D | Simonè Koen & Anjo Zondach & Gertrude Wolfaardt |
o/11 Res | Charlize Swanepoel & Meagan Roelf |
| |
o/12 A | Neva Bernstein |
0/12 B | Irene du Plessis |
o/12 C & D | Anleo Swanepoel & Jene-Leigh Carolus |
o/12 Res | Assistent |
| |
o/13 A | Rolandi Steyn |
0/13 B | Chantelle Hattingh |
o/13 C & D | Riekie Nel & Lehandri Swanepoel |
ERKENNING
o/11, o/12 en o/13-netbalspeelsters neem aan Eden-proewe deel.
o/13-speelsters wat in die Eden-span opgeneem word, kan ook aan die Wes-Kaapproewe gaan deelneem. Speelsters wat in die Wes-Kaapspan opgeneem word, sal aan SA-toernooi deelneem.
o/13A-speelsters speel deurgaans in geborgde wedstryddrag. Vir die ESS-toernooi word die o/11-span ook toegelaat om in geborgde wedstryddrag te speel.
Speelsters ontvang erkenning vir prestasties behaal tydens saalperiode, in die Loerienuus, op D6 en in die plaaslike koerant.
Leerders wat uitsonderlik presteer ontvang erkenning volgens die Prestige-Aand se beleid.Eden
Netbal is geanker in waardes
Die karaktertransformasie-program is ‘n integrale deel van die beginsels wat ons uitleef:
- Betroubaarheid, respek, verantwoordelikheid, regverdigheid, omgee, goeie burgerskap.
- Respek vir jou eie liggaam en die opponent se liggaam.
- Respek vir die reëls van die spel.
- Respek vir mede spanmaats en skeidsregter.
- Strewe na liggamlike fiksheid en vermy selfsugtigheid.
- Deel jou sukses met ander.
- Dank die Skepper vir jou talente en leef dit voluit.
- Wen as jy kan maar verloor met waardigheid.
- Deel te neem aan die spel en met eerlikheid te speel en dit met oorgawe te doen.