#Houdiebal
Spanne neem aan toernooie, sportdae en liga wedstryde deel. Die o/13 A en B rugbyspanne neem aan die Marlow O/13 Rugbyfees deel. Die velde, afrigters en spelers moet aan al die Bok-Smart-voorskrifte voldoen.
o/7, o/8 en o/9: Daar is 10 spelers in ‘n span, hulle speel net op ‘n halwe veld. Hul skop nog nie pale toe nie en vorm ook nie vaste skrums nie. Hierdie spanne se wedstryde is slegs 10 minute aan ‘n kant.
o/7 en o/8-spanne speel nie liga-wedstryde nie.
o/11 en o/13: Daar is 15 spelers in ‘n span. Hulle speel op ‘n vol veld, 20-minute aan ‘n kant en die volle IRB-reëls word toegepas. Die o/13A-span is die enigste span wat 25-minute aan ‘n kant speel.
o/12 en o/13-spelers word vir SWD-proewe ingeskryf. o/13-spelers wat vir die SWD-A span gekies word, kan aan die Cravenweek-toernooi deelneem. o/12-SWD spelers neem aan ‘n interprovinsiale toernooi deel.
RUGBYHOOF:
Ean Eygelaar
ASSISTENT KOÖRDINEERDER:
Anton de Reuck
SPAN | AFRIGTER/S |
o/13A | Ean Eygelaar, Theo du Plessis |
o/13B | Charl Maree, Konrad Postma |
o/13C, D | Marco Titus, Jayden Cedares |
o/11A | Johnathan Botha, Ruan Boshoff |
o/11B | Bennet Nortje |
o/11C,D | Phillip Fouche, Jayden Cedares |
o/9 ABCD | (A)Anton de Reuck, (B)Jay-Jay Snyman, (C)Marko Titus, (D)Leighthon Malgas |
o/8 ABCD | (A)Anton De Reuck, (A)Phillip Fouche, (B)Jayden Sedares (C)Ruan Boshoff, Leigthon Malgas, Charl Maree, Bennet Nortje, Jay jay Snyman |
o/7 ABCD | (A)Anton De Reuck, (A)Bennet Nortje, (B)Charl Maree, (C)Leigthon Malgas Jay jay Snyman, Phillip Fouche, Jayden Sedares, Ruan Boshoff |