#Kopbowater
Swemmers swem by die skool, sowel as by privaat-swemklubs. Die slae wat geswem kan word is vryslag, borsslag, rugslag, vlinderslag en wisselslag.
Swemmers neem individueel aan verskillende gala’s deel. As span neem hul ook in hul ouderdomsgroepe aan aflosgala’s deel.
OEFENINGE:
Swemmers is welkom om swemoefeninge tydens die eerste en vierde kwartaal in die LGS-swembad by te woon. Beginners, sowel as meer gevorderde swemmers, ontvang afrigting in verskillende tydsgleuwe.
GALA’S WAARAAN SWEMMERS KAN DEELNEEM:
KLEURE-GALA:
- Alle leerders wat kan swem, mag vir die gala ingeskryf word.
- o/7 en o/8-swemmers wat ‘n lengte met gemak kan swem, is welkom aan die gala deel te neem.
- Na afloop van die gala word die eerste 4 plekke in elke ouderdomsgroep en slag aangewys en hierdie swemmers word dan in die swemspan opgeneem.
- Die afstand vir al die items is 25m.
- Slegs o/9 tot o/14-swemmers kry geleentheid om vir die 100m-wisselslag in te skryf.
AFLOSGALA’S:
- Hierdie gala’s word by verskillende skole aangebied.
- o/9 tot o/13’s neem hieraan deel.
- Hierdie swemmers neem in spanne van 4 deel: vryslag, borsslag en rugslag.
- Die afstande is 4 x 25m in ‘n 25m-swembad.
INTERSKOLE GALA:
- Die swemmers wat die beste tye opgestel het, o/9 tot o/13, word vir hierdie gala ingeskryf.
- Individuele, sowel as aflos-items, word geswem.
- Afstande: 50m vir gewone items en 200m vir wisselslag.
- Verskillende skole ding teen mekaar mee. Die skool wat die beste vaar, word as wenners van die interskole aangewys.
- Hierdie gala word in ‘n 50m-swembad gehou, nl. NA Smit-swembad op Oudtshoorn of die Conville-swembad op George.
LOERIE-UITNODIGINGSGALA:
- Hierdie gala is ‘n geborgde gala vir o/7 tot o/13-swemmers.
- Slegs 2 swemmers word per item ingeskryf.
- Ons skool nooi ander mededingende skole uit om teen ons swemmers mee te ding.
EDEN GALA’S:
- LGS betaal ‘n registrasie-fooi sodat swemmers wat nie by klubs geregistreer is nie, aan hierdie galas in die eerste en vierde kwartaal kan deelneem.
- Dit is nie skool gala’s nie, maar wel gala’s wat deur die klubs in George georganiseer word.
- Swemmers moet egter ook ‘n inskrywingsfooi betaal om deel te neem.
SWEMKLUBS:
- Swemmers wat ernstig voel oor swem, kan by enige swemklub registreer vir professionele afrigting.
- Individuele afrigting word by die klubs gedoen en swemmers word blootgestel aan kompetisies waaraan hul andersins nie blootgestel sou word nie.
- Swemmers kan aan “Level” 1, 2, 3 en “Snr. Nationals” gaan deelneem, mits hul kwalifiserende tye swem.
EDEN-KLEURE:
- LGS gee erkenning aan swemmers wanneer hul aan die landswye, provinsiale “Level” 2-gala deelgeneem het.
KOÖRDINEERDER: Mia Smith
ASSISTENT KOÖRDINEERDER: Konrad Postma
SPAN | AFRIGTER/S |
Graad R & 1 | Kathy Germishuys, Hedy Koegelenberg, Suzette vd Westuizen, Assistente |
Graad 2 | Martie Ferreira, Gertrude Wolfaardt, Vernette van der Merwe, Mia Smit, Assistente |
Graad 3 & 4 | Martie Ferreira, Petronel le Roux, Mia Smith, Ilona Kleyn, Chane Swanepoel |
Graad 5 – 7 | Konrad Postma, Sonje Miles, Hanke Kleyn |