
Skermtyd Riglyne
- Date 22 Januarie 2024
Skermtyd riglyne vir besige ouers
Ons brein is nie ontwerp vir konstante kennisgewings, eindelose opsies en kanale, veelvuldige toepassings, 40-uur week (plus 5 sosiale geleenthede), SMS’e, e-posse en WhatsApp’s nie. Geen wonder ons voel oorweldig, uitgebrand en angstig nie. Kom ons vat dinge ‘n bietjie stadiger, skakel af, herskeduleer en vee uit wanneer ons kan.
Opsomming:
Beste hulpbron om te leer van apps, websites, en games word op die volgende webwerwe aanbeveel:
- Common sense media
- Bark
- Protect young eyes.
- Beste tracking app: Life360
- Beste monitoring app: Bark
- Beste free parental control: Google se Family Link of Screentime op Apple
Reëls vir kinders i.v.m toestelle:
- Verklaar tegnologievrye sones
- Geen wi-fi-toestelle in die slaapkamer nie
- Indien moontlik, skakel die wi-fi-router snags af.
- Geen sosiale media tot 13 nie.
- Maak seker van die ouderdomsbeperkings.
(LW: Call of Duty se ouderdomsbeperking is 18!)
- Monitor skermtyd
- Beskerm jou kind se aanlynprivaatheid en identiteit.
- Sê nee vir Snapchat en TikTok. Instagram, Discord, Reddit, X is ewe gevaarlik
- Stel skermtydlimiet en hou daarby
- Geen wagwoorde op fone
- Moenie met vreemdelinge op enige toepassing of toestel praat nie
- Skakel location op jou kind se selfoon af – behalwe opsporingsagteware (gratis op die meeste slimfone of laai Life360 af).
- Alle sosiale media-rekeninge moet privaat wees
- As hulle aanlyn geboelie word, leer jou kind:
Blok die persoon – Skermskoot (Screen shot die gesprek) – Rapporteer
- As hulle op volwasse materiaal (pornografie) afgekom het, leer hulle:
Draai weg van die skerm – Hardloop / loop weg – Vertel ‘n volwassene
-Turn – Run – Tel
- Gereelde aanmeldings en gesprekke met jou kinders oor waarmee hulle aanlyn besig is.
- Minder as 200 vriende op enige toepassing
- Die beste verdediging teen alle aanlyn skade is om betrokke, bewuste en aktiewe ouers te wees:
Kyk childhood 2.0 on YouTube.
Kyk The Social Dilemma op Netflix
Lees The Digital Dilemma (Anke en Eldred de Beer)
- Sluit ‘n selfoonkontrak met jou kind
- 3 redes waarom ‘n goeie router belangrik is vir gesinne
- Goeie router kan vroeë, toevallige blootstelling aan lewensveranderende inhoud voorkom
- ‘n Goeie router kan verhoed dat “geheime” toestelle jou huis se netwerk gebruik.
- ‘n Goeie router kan ‘n ongelooflike hulpmiddel vir digitale vertroue-onderrig wees
Waarvoor moet jy as ouer uitkyk:
Hier is ‘n paar van die algemeenste simptome wat waargeneem kan word:
- Slaapprobleme
- Jeukende, brandende of gespanne oë (moeë oë)
- Hoofpyn wat nie wil weggaan nie, of vir geen rede daar is nie
- Sosiale isolasie (onder andere wil nie meer skool toe kom nie, wil nie meer aan aktiwiteite deelneem nie, wil nie meer uitgaan saam met familie of vriende nie)
- Aandag- en konsentrasieprobleme (veral as die wiskunde punt begin afneem)
- Veranderinge in gedrag (Meer prikkelbaar, angstig, depressief, agressief of teruggetrokke)
- Fisieke gesondheidsprobleme (soos oorgewig of ophou eet, self seermaak, luiheid, swak higiëne.
Dr. Anke (Brand) de Beer
Skrywer van die boek Digital Dilema
VORIGE UITGAWES
Die geheime goue draadjie
Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...
Waardevolle Loeries
Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
