
Angs
- Date 3 April 2023
Wanneer kinders angs beleef
Baie kinders ervaar deesdae angs sonder om die simptome, wat ons met angs assosieer, te wys. Hoe weet ek wanneer my kind angstig is en hoe kan ek my kind help?
Angs kan ‘n kind aktiveer om te reageer of dit kan ‘n kind verlam. Laasgenoemde veroorsaak dikwels dat daar langer tydperke is wat ‘n kind buite beheer laat voel sonder om dit te wys of te verbaliseer. Angs kan verskillende vorms aanneem en in sekere gedrag uiting vind.
Hoe kan ek angs in ‘n kind identifiseer?
Sommige kinders wys angs op maniere wat ons erken. Hul verbaliseer hul bekommernisse en is geneig om negatief te praat en te dink. Hul maak soms vinnig hul eie gevolgtrekkings – nie altyd die korrekte een nie, raak ‘fidgety’, huil of toon skeidingsangs van hul primêre versorgers. Ander kinders wys geeneen van bogenoemde simptome nie.
Ander simptome wat op angs kan dui:
- Lae frustrasie toleransie / word vinnig kwaad as hul of iemand foute maak, of die daaglikse roetine verander. Foute in opdragte en mondelinge kan hul omvergooi. Voorspelbaarheid in roetine skep vir hul sekuriteit en hul raak omgekrap as dit onverwags verander.
- Kinders wat gedurig vrae vra. Hul kan moontlik angstig voel, om te weet wat gebeur volgende, of wat om te verwag skep stabiliteit en veiligheid en stel hul gerus.
- Benodig konstant hulp – kinders wat ‘n ouer of onderwyser heeltyd langs hul wil hê om te help kan moontlik sukkel met angs of lae selfbeeld. Hul soek bevestiging, maar ook versekering dat hul die ongemak van ‘n fout gaan vryspring. Dit geld ook vir kinders wat heeltyd saam met ander wil werk. Moontlik soek hul sosiale konneksie, maar dit kan ook wees dat hul vertroosting/versekering by hul maat vind.
- Gereelde besoeke aan die badkamer – kinders wat gedurig uit die klas wil badkamer toe gaan kan moontlik onaangename take probeer vermy of situasies wat hul angstig maak, of hul kan werklik maagpyn beleef wat aan angs of siekte gekoppel is .
- Stil-samewerking – student wat stil voorkom en al die reëls volg kan wees omdat dit is wie hul is of kan ook wees omdat hul sosiale angs beleef en bang is om om te praat of angstig oor wat kan gebeur as hul nie luister nie.
- Hoë akademiese prestasie en perfeksionisme kan dikwels gekoppel word aan angs. Hul is soms bang vir wat kan gebeur as hul nie presteer nie.
Dit beteken nie dat as jou kind een van bogenoemde doen, hy angstig is nie. Dit beteken dat angs dikwels ook agter bogenoemde aksies kan skuil en ons sensitief moet wees daarvoor.
Voor ek aan iets kan werk moet ek dit erken, sodat ek kan weet watter plan kan werk. As ek my angs kan verwoord kan ek ‘n plan maak om dit te hanteer.
Oordrag van volwasse angs na kinders kan ook plaasvind, dit is dus belangrik dat ek as volwassene emosioneel eerlik is met myself en my eie emosie kan reguleer voordat ek my kind daarmee kan help.
Hoe help ek my kind wat angs beleef?
- Erken sy emosies as van waarde.
- Wees rustig – en help hom om asem te skep.
- Aanvaar jou kind net soos hy is .
- Stel hom gerus dat dit okay is om foute te maak en te leer.
- Vermy skree.
- Gesels met jou kind en probeer identifiseer wat tot die angs aanleiding gee? Bepaal in watter situasies dit voorkom en wat jou kind doen om dit te hanteer.
- Dikwels wanneer kinders bemagtig voel – voel hul dat hul nie aleen is nie, daar is iemand om te help, hul emosies het waarde en dit gee hul die emosionele ondersteuning en versekering om in hulself te glo en dinge te probeer.
- Kritiek is taboe in angs – kinders wat met baie kritiek saamleef – ervaar dat hul nooit goed genoeg is nie en hou later op probeer – hul onttrek dan liewers voor dit verkeerd is.
Met Covid en kragonderbrekings ervaar ons meer angs as wat ons bereid is om te erken, ons kinders tel dit egter op.
Wees eerlik in jou eie belewenis, haal asem en onthou dat deur foute te maak groei ons!
Vriendelike groete: Tronel van Rooyen (Berader & Spelterapeut)
VORIGE UITGAWES
Die geheime goue draadjie
Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...
Waardevolle Loeries
Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
