Back
Padkaart-vir-eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart-vir-eksamenstres

Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al hoe nader en ons kinders begin oor minder as ‘n week eksamen skryf. Vir meeste leerders is dit ‘n senutergende, selfs angswekkende ervaring. Die doel van hierdie artikel is om ‘n padkaart te gee van hoe om ‘n kind deur hierdie eksamentydperk te begelei. Op hierdie roete oppad na die Desembervakansie, is daar vier stoppe: gedurende die eksamen, voorbereiding vir ‘n vraestel, op die dag van ‘n vraestel en na die vraestel.

Gedurende die eksamen

Dit is belangrik om ‘n sin van selfsorg by ons leerders te kweek en die saadjie gereeld water te gee. Herinner hulle aan die volgende:

  1. Maak tyd vir die dinge wat jy geniet. Kry maniere wat jou help om jou stres te verminder en wat jou geleentheid gee om jou vordering te vier. Aktiwiteite soos teken, verf, om na musiek te luister, ‘n fliek te kyk, om bal te skop, te gaan stap saam met familie of selfs ‘n troeteldier is voorbeelde van goed wat ons geniet. Hierdie dinge kan alleen of saam met vriende wees. Motiveer leerders om ruimte te skep vir lekker aktiwiteite in hul studierooster.
  2. Probeer om ‘n balans te vind. Neem gereeld kort rusperiodes gedurende studietyd. Niemand van ons is soos ‘n robot saamgestel om net die heeltyd te leer nie. Ons bly mens en moet ons brein geleentheid gee om asem te haal. Herinner jouself dat eksamen net ‘n tydperk is, nie vir altyd nie.
  3. Fokus op jouself. Jy skryf eksamen vir jouself, nie vir ander nie. Konsentreer op jou eie leerwerk. Moenie jouself met ander vergelyk nie.
  4. Kyk na jou gesondheid. Maak seker jy eet genoeg. Proteïene is breinkos. Jou brein kan nie dink, konsentreer of leer as jy nie genoeg voedingstowwe vir hom gee nie. Maak seker jy slaap genoeg. Probeer om elke aand agt ure te slaap. Maak seker jy maak tyd vir oefen en onthou om genoeg water te drink.
  5. Praat met ander oor hoe jy voel. Dit is belangrik om jou gevoelens met ander te deel. Om met ander te praat wat deur dieselfde ervaring as jy gaan, help baie. Om te weet iemand voel soos jy, laat mens sommer op die plek beter voel.

Voorbereiding vir ‘n vraestel

Om voorbereid te wees voor ‘n mens ‘n vraestel skryf, kan spanning verminder.

  1. Stel ‘n hersienings- / studierooster op. Gee vir jouself genoeg ruimte om voor elke vraestel deur die werk te gaan. Om die werk goed te ken, gaan jou help om rustiger te voel. Onthou om in hierdie rooster ook plek vir ruskans in te werk. Vra ‘n grootmens om jou te help om hierdie rooster op te stel of om vir jou te kyk of dit goed sal werk.
  2. Leer op die wyse wat die beste vir jou werk. As dit jou help om prentjies te teken om jou werk te onthou, doen dit. As jy beter leer deur te luister na die werk, neem jouself op en speel dit oor en oor vir jouself. Daar is verskeie maniere van leer, vind die wyse wat die beste by jou pas.
  3. Leer waar jy die gemaklikste voel. Dit is belangrik om ‘n spasie te kies waar jy kan leer of hersien waar dit die beste vir jou sal wees. Dalk is dit ‘n stil omgewing of dalk waar jy tog ander of beweging kan hoor. Dalk wil jy in ‘n spasie wees waar jy na musiek kan luister. Maak seker dit is musiek wat jou brein stimuleer, soos klassieke musiek en nie musiek met woorde waar jy kan saam sing nie.
  4. ‘n Studiegroep. Vir sommige leerders is dit lekker om saam met maats te hersien voor ‘n vraestel. Dit is nie ‘n speel geleentheid nie, maar een waar julle die werk bespreek, vir mekaar vrae kan vra of mekaar kan uitdaag deur ‘n vasvrakompetisie oor die werk te hou. Onthou, jy moet jou werk alreeds baie goed ken om deel te kan wees van ‘n studiegroep. Dit werk ook nie vir almal nie. Vir sommige leerders kan dit meer angs veroorsaak as wat dit help.

Op die dag van die vraestel

  1. Maak seker alles is die aand voor die vraestel reeds gereed. Kry en pak alles wat jy nodig het die aand voor jou vraestel in. Dit sluit potlode, penne, water, ensovoorts in.
  2. Begin jou dag so goed jy kan. Probeer om iets vir ontbyt te eet en maak seker dat jy genoeg tyd het om jouself gereed te kry en by die skool te wees voor jou vraestel. As mens laat en haastig is, maak dit ons meer angstig. Gee vir jou brein kos om mee te werk. As jy eksamen op ‘n leë maag skryf, kan jou brein nie so helder dink nie.
  3. Grond jouself in die hier en nou met asemhalingsoefeninge. As jy gedurende die vraestel gespanne voel, probeer die volgende asemhalingstegniek. Asem in deur jou neus vir vier tellings, hou jou asem vir twee tellings en blaas jou asem deur jou mond uit vir sewe tellings. As jy dit ‘n paar keer herhaal, help dit jou om stadiger asem te haal, rustig te raak en minder gespanne te voel.
  4. Vat jou tyd. Lees rustig deur elke vraag van die vraestel. Maak seker jy lees sodat jy weet wat jy moet antwoord. As mens te vinnig lees, kan jy ‘n deel van die opdrag mis. Dink en beplan mooi wat jy in jou antwoord wil skryf voordat jy skryf.
  5. Herinner jouself dat dit amper verby is. Jy het goed voorberei en gee net altyd jou beste.

Na ‘n vraestel

Soms dink ons vir lank na oor ‘n vraestel, wat hulle gevra het en wat ons antwoorde was. Dit help ons nie regtig nie, want die vraestel is reeds oor en verby. Hier is ‘n paar goed wat jy kan doen om jou spanning minder te maak na ‘n vraestel.

  1. Moenie jouself met ander vergelyk nie. Probeer om nie na die tyd met ander te gesels oor die vraestel en die antwoorde wat hulle geskryf het nie. Jy weet jy het jou beste gegee en dit is al wat tel.
  2. Beloon jouself. Dink aan iets waarmee jy jouself kan bederf na jou vraestel. Dalk om saam met ‘n maatjie iets te doen, ‘n fliek te kyk, jou gunsteling kos te eet of iets wat vir jou lekker en ‘n bederf sal wees.
  3. Fokus op jou volgende stap. Sodra die een vraestel afgehandel is, gee jouself geleentheid om te rus, bederf jouself en begin dan te fokus op jou voorbereiding vir die volgende vraestel. Beplan hoe jy daarvoor gaan leer en begin om deur jou opsommings of notas te
  4. Ontspan voor jou volgende vraestel. Dit is belangrik om ‘n breek te vat voordat jy begin leer of voorberei vir die volgende vraestel. Nadat mens ‘n vraestel geskryf het, kan mens uitgeput voel. Dit is belangrik om te rus voor jy weer begin leer, anders kan jy nie ten volle konsentreer en goed leer nie.

Ek hoop dat hierdie padkaart leerders sal help om maklik deur die eksamen te navigeer. Dit is ‘n kort tydperk wat baie angs kan veroorsaak, maar ons kan dit bestuur en ‘n positiewer ervaring vir ons kinders maak. Alle moeilike tye gaan verby en ons leer met elke storm meer van onsself.

*Bron: Internetartikel geskryf deur die organisasie, Mind.

VORIGE UITGAWES

Die geheime goue draadjie

Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...

Waardevolle Loeries

Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...

Covid Glas

Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...

LGS groet ‘n legende

LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...

Hoe beskerm ek my kind?

Hoe beskerm ek my kind Almal hardloop wye draai...