Back

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid

So halfpad in die vakansie kom die stemmetjie – “Mamma ek weet nie wat om te doen nie – ek’s verveeld…”

Menige ouer sug dan en dink ‘oe die vakansie is te lank’. Naarstigtelik kyk ons wanneer open die skole weer.

Skep moed! Verveeldheid is goed! Probleemoplossing en kreatiewe denke kom in tye wat ons kinders nie weet wat om te doen nie. Wanneer ek lank genoeg vrye tyd het, kan ek my gedagtes skoonmaak en maak dit spasie vir my kreatiewe brein om in te skop.  Hiermee bedoel ek nie dat ons kinders dae aaneen alleen moet los nie, maar eerder daarteen moet waak om nie elke “vrye oomblik” te probeer vul nie.  Deur dit te doen, maak jy hul brein lui.  Kinders moet leer om self kreatief aan iets te dink. Miskien kan daar ‘n paar leë bokse en verf beskikbaar wees … of sand …

Kobus Neethling praat van kreatiewe probleemoplossing. Om buite die boks te kan dink – nuwe goed uit te dink. Hiermee stimuleer ek my kind se denke om planne te kan maak en beter probleemoplossing te kan doen. My kind leer ook ‘n baie goeie eienskap saam met dit om eienaarskap te neem vir myself. Verantwoordelikheid te neem vir my tyd. Ek kan self aan ‘n plan dink en is nie afhanklik van ouers om dit vir my te doen nie – dit bemagtig ook my kind.

Verveeldheid speel dus ‘n baie belangrike rol in my kind se emosionele groei as ek dit toelaat en nie net inspring en hom help nie!

My kind leer ook om ‘content’ te wees. Tevrede met wat hy het. Om die beste te maak met wat voor hom is – dit is ‘n goue reël vir sukses. As my kind verantwoordelikheid aanvaar vir sy eie denke, sy eie tyd en kreatief ‘n plan kan maak met wat hy het – is hy goed oppad na sukses!

Kobus Neethling praat van ‘living above the line’. Wat beteken ek bestaan nie nie van dag tot dag nie – ek leef bo die normale lyn van geluk – omdat ek leer om aan te pas en my eie geleenthede en geluk te skep. Niemand anders kan dit vir my doen nie. Lynne Ryan eienaar van “Do, learn and develop” skryf in haar webwerf die volgende:

Are you living above the line where you take responsibility, are accountable for your actions, and take ownership of every aspect of your life? Or do you live more below the line blaming anyone other than yourself, denying what may be difficult to accept, and making excuses for your behavior?

Kom ons gee ons kinders die geleentheid om verveeld te wees en te groei! Speel bietjie doof vir hul klagtes en vra goeie vrae soos:

• Wat dink jy kan jy doen?
• As niks jou keer nie wat sou jy doen?
• Is daar iets wat jy kan maak?
• Kyk bietjie rond wat jy kry op die erf en wat jy daarmee kan doen?

Die geheim is om hul te begelei om self te besluit en nie net vir hul werk uit te dink nie. Pak reg jou kamer, vee die garage – net sodat hul nie weer vir ons vra nie. Haal asem, sien dit as ‘n groei geleentheid en raak kreatief!

Mag hierdie Kerstyd vir elkeen van julle ‘n ware Christusfees wees met baie kreatiewe familie tyd!

Geseënde Kersfees!

Geskryf deur: Tronel van Rooyen (Berader & Spelterapeut)

VORIGE UITGAWES

Die geheime goue draadjie

Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...

Waardevolle Loeries

Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...

Padkaart vir eksamenstres

Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...