Swem of sink
- Date 14 Februarie 2022
SINK OF SWEM
Emosionele kaping. As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde vir ‘n woordeboek ontdek word, is dit nou – die afgelope twee jaar. Skielik praat ons van sosiale afstand, (wat terloops eintlik meer ‘n fisiese afstand is) sanitering, Covid-protokol, nuwe normaal (wie bepaal nou eintlik normaal?).
Vir die eerste keer is dit algemene gebruik om maskers in ‘n bank te dra – ek meen daar is ‘n paar snaakse oomblikke ook! Nuwe woorde wat opskiet soos die sampioene op my grasperk na die reën – onverwags – oornag.
Niks het ons egter voorberei op die emosionele oseaan waarin ons blindelings moes spring nie. Mengelmoes emosies het soos die daaglikse seisoen-wisseling in George, ons standard geword. Wat ons daarmee maak, bepaal of ons swem of sink.
As ek en jy in ‘n stroom in die see beland, weet ons dat om te spartel nie effektief is nie, maar om rustig te bly en te wag vir hulp is soms die beste plan. As ons spartel, lok ons eintlik die haaie om nader te staan of swem.
So ook met ons emosies – wanneer ons oorweldig voel (wat ‘n baie definitiewe nuwe normaal is!). Ons kan kies: gaan ons swem – rustig saam met die stroom van emosies tot dit weer op die strand uitspoel (dit verg ongelooflike moed!). Gaan ons rustig vir hulp wag nadat ons met ‘n roep of waai met die hand laat weet het dat ons hulp benodig? Gaan ons verwoed spartel en so haaie lok met die name, onbevoeg, aggressie, hulpeloos en angs?
Om my emosies te erken, beteken ek weet waarmee ek werk. As ek nie weet hoe ek voel nie of dit nie wil erken nie, uit vrees dat dit beteken ek is nie so sterk soos almal gedink het nie… dan kies ek spartel. Dit vat baie emosionele energie om aan te gaan en te maak asof niks verkeerd is nie. Die probleem is die haaie kom dan onbewustelik nader.
Covid is op sy beste ‘n emosionele uitdaging. Die goeie nuus is, ons hoef nie alleen te sukkel nie. Ons Lewensredder loop op die water na ons. Dit vra egter dat ek my emosies moet erken, sodat ek weet wat om daarmee te doen. “You’ve got to name it to tame it”.
Ek as ouer kan nie my kind help as ek self spartel nie. As ek dan my hand na my kind uitsteek, trek ek hom saam met my in die seestroom van oorweldigende emosies.
So hoe help ek my kind as hy begin sink in die maalkolk van emosies?
- Erken jou eie emosies.
- Erken jou kind se emosies – as ek dit nie erken nie en ‘down play’ vererger ek dit – dan voel hy hy moet dit wegsteek!Dit is soos ‘n “amplifier” van emosies!
- Help jou kind om saam planne te maak – moenie dit vir hom doen nie – dan is dit jou plan nie syne nie.
- Bou in elke dag iets prettigs vir jou kind – al is dit 30 sekondes – ‘n ‘secret handshake’, groet soos eskimo’s met jul neuse – vertel ‘n grap ‘n dag – maak dit so bietjie ligter
As die haai jou of jou kind insluk – soek hulp. Waai jou hande, roep – ons help graag. Geniet die see, ken jou swemstyl en plas in die vlak water van vreugde met jou kind! Onthou see-swem is nie vir sissies nie!
Vriendelike groete uit die berader se kantoor.
Tronel van Rooyen
(LGS Spelterapeut / Berader)
VORIGE UITGAWES
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
Veerkragtigheid
Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...
Covid Glas
Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...
LGS groet ‘n legende
LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...