Dissipline
- Date 2 Desember 2021
DISSIPLINE
Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is “selfcare”. Een van die eerste stappe van “selfcare” is selfbewustheid – doelbewuste selfbewustheid (“mindful selfawareness”). As ek bewus is van wat ek in sekere situasies ervaar kan ek my optrede beheer. In situasies waar ons spanning beleef, het ons en ons kinders elkeen ‘n verskillende kapasiteit om spanning te hanteer. Hoe help ek my kind as ek self voel ek het genoeg ‘vuurkrag’ om maan toe te reis?
Hoe dissiplineer ek my kind as ek self emosioneel broos voel? Vir dissipline wat ‘n werklike verskil in my kind se lewe kan maak, moet daar ‘n konneksie wees met my kind. As ‘n hondjie ‘n doring in sy poot het en ek hom graag wil help, kan ek dit net doen as die hondjie my toelaat om naby te kom en te help.
Die hondjie sal my net toelaat as ek ‘n konneksie met hom het en hy my vertrou. Dieselfde met my kinders. Ek kan hulle net help en begelei as ek ‘n konneksie met hulle het. My kind moet weet hy kan my vertrou. Dat ek ook foute maak, herstel van foute en daaruit leer en dat ek aan sy/haar kant is en wil help en nie teen hom/haar is nie.
Hoe doen ek dit? Hoe bou ek ‘n konneksie met my kind?
Daar kan slegs ‘n verhouding gebou word as daar ‘n emosionele konneksie is. Wanneer ek my kind moet korrigeer of sy rigting wil verander, help dit as ek net eers asemhaal en bewus raak van waar ek is – dit help my om te “respond” in plaas van “react”.
Om doeltreffend te dissiplineer moet dit wees vanuit ‘n konneksie en verhouding met my kind. My dissipline het geen trefkrag as ek nie ‘n verhouding met my kind het nie.
Druk dus die “pause” knoppie en vra jouself:
- Is hierdie belangrik? Is dit die regte tyd om dit aan te spreek? Kan ek eers asemhaal?
- Hoe kan ek my kind help om bemagtig te voel selfs as ek hul lei en rig? (“lead and guide”)
- Kan ek my kind betrek in die situasie en sy bydrae vra? So help dat hul deel voel van die probleem en oplossing?
- Reageer ek uit woede, bekommernis, vrees of liefde?
- Is ek duidelik? Is my woorde en dade in ooreenstemming?
- Is my woorde en optrede konsekwent? (voorspelbaar en veilig)
- Kan ek empatie en speelsheid in die situasie inspreek om dit ligter te maak?
- Kan ek aan ‘n nuwe manier dink om iets te verander wat herhaal?
- Kan ek kreatiewe woorde gebruik om te vra vir die gedrag wat ek verlang in plaas van net hamer op wat ek nie wil hê nie?
- Leer en modelleer ek ‘n nuwe manier van dinge doen?
- Is my emosionele koppie vol – maak ek tyd vir self-sorg?
Dit is so belangrik om vir kinders te wys dat om foute te maak ‘n leerproses is. Foute wys jy probeer, jy kan daaruit leer en dat jy dit volgende keer anders kan doen.
Dissipline is daar om te leer – dit het baie waarde as dit ‘n groei geleentheid is. Wat sou gebeur as ek in plaas van raas probeer verstaan waarom my kind so optree en wat kan ons saam doen om dit te verander? As ek insig kan bewerkstellig in waarom die regte optrede beter is en hy kies dit dan self die volgende keer – sou daar nie meer waarde daarin lê nie?
Liewe ouers, onderwysers, die waarheid is dat ek en jy ook ons optredes kan kies – hoe ons optree modelleer vir ons kinders hoe hulle kan optree!
Geseënde rustyd! Mag verhoudings herstel en opgebou word gedurende hierdie feesseisoen. Mag ons leer by Hom wat ‘n ware voorbeeld is!
Vriendelike groete uit die berader se kantoor.
Tronel van Rooyen (LGS Berader)
VORIGE UITGAWES
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
Veerkragtigheid
Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...
Covid Glas
Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...