Back

Ek het waarde

Ek het WAARDE

Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar in party van die kinders se harte is dit donker en bang. Met Covid-maskers op maak ons kinders nie meer oogkontak nie en mompel hulle as hulle groet. Die masker het ook ‘n lekker wegkruipplekkie geword.
Vir ‘n kind om emosioneel veerkragtig te wees, het hy nodig om eers veilig te voel. Om veilig te voel is dit nodig dat ons kinders voel dat hulle waarde het en raakgesien word. Hoe op aarde doen ek dit?

Die eerste stap is om in ons kinders se ogies te kyk, hulle te groet en om hulle dan te help om hul emosie te verwoord. Ons elkeen het met spanning, of iets wat verkeerd loop, soms iemand nodig om ons te help om woorde te gee aan ons emosie. Daarmee erken ek ook dat jy waarde het en jou emosie ‘n plek het. Al verstaan ek nie die emosie nie, is dit hoe jy voel.

Hierdie proses waartydens ek my kind help om sy emosie woorde te gee, skakel sy denke aan. Daar vind interaksie tussen die regter- en linkerbrein plaas wanneer ek my emosie verwoord. In die proses leer ek om my emosies te reguleer. Dit beteken ek leer wat om met my gevoelens te doen.

Aanvanklik leer ons kinders dit deur ons daarwees en ondersteuning. Wanneer jy jou baba se behoefte raaksien en reageer daarop, leer die baba hy het waarde, hy is veilig, daar is iemand wat omgee en sal sorg. Deur ons hele lewe het ons soms iemand nodig om ons te help om ons emosies te reguleer. Dit bevestig ons het waarde. Eers wanneer ons kinders se behoefte aangespreek word, voel hulle van waarde en kan hulle hul emosies reguleer.

Hierdie emosionele regulering (om emosie te kan erken en verwoord en dan hanteer) leer ons almal binne veilige verhoudings. Verhoudings waar ek voel ek het waarde en is veilig om my emosie te kan verwoord.

Liewe Ouer, ek en jy kan slegs ons kinders hiermee help as ons dit self kan doen. Jy kan nie gee wat jy nie het nie! Ons kinders leer meer van ons as ons foute maak en dit kan regstel as wanneer ons geen foute maak nie. Kom ons erken aan ons kinders – “oeps daar glip my krokodil uit. Ek het nou baie kwaad geword, ek is jammer ek het nou goed gesê wat ek nie bedoel nie.” Ek kon eerder …. “Sal jy my help en vir my wys as jy sien my krokodil is uit?” So leer my kind dat dit “okay” is om foute te maak – ek leer daaruit! 

Pappa, Mamma voel jy jy het waarde? Hoe help jy jou kind om van waarde te voel?

Praktiese wenke:

  • Kyk elke dag vir 2 minute in mekaar se oë (stel ‘n tydhouer) dis groot pret en bou verhouding en waarde!
  • Vertel elke dag vir mekaar 1 grappie en lag saam.
  • Gee mekaar elke dag 1 kompliment en bedoel dit – al sê jy net ek is so bly jy is hier saam met my…

Pappa, Mamma ons kan hierdie net doen as ekself van waarde voel. Hoe doen ek dit?
Begin met ‘n gewoonte van 1 minuut elke dag. Sukses begin met die herhaling van ‘n goeie gewoonte elke dag!

  • Spandeer elke dag 2 minute net met jouself – ‘wees net’.
  • Doen 1 minuut strek oefeninge as jy net opgestaan het.
  • Doen elke dag iets waarvan jy hou – al is dit net vir 5 minute.

Ouers ons is hier saam met julle, ons leer saam met julle en ons bou saam om vir ons kinders te wys hulle het waarde! Vriendelike groete.

Vriendelike groete. 

Tronel van Rooyen (LGS Berader)

VORIGE UITGAWES

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...

Covid Glas

Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...

LGS groet ‘n legende

LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...

Hoe beskerm ek my kind?

Hoe beskerm ek my kind Almal hardloop wye draai...