
Positiewe ingesteldheid
- Date 19 Oktober 2021
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid!
Oktober is geestelike welstand maand. Die begin van gesonde, geestelike welstand en emosionele intelligensie is emosionele weerbaarheid.
Ons speel baie bal in my kantoor. Gelukkig is die kantoor lekker groot. Soms laat val ons die bal. Soms vang ons dit maklik. Of ek die bal wil vang of nie, is my keuse! Ek kan kies of ek dit wil vang of nie.
Soms kies ek om die bal te vang en dan laat ek dit val. Ek het die val nie gekies nie, maar ek kan kies of ek die bal gaan optel en verder speel. Die beheer en keuse is in my hande! Baie dieselfde as emosionele veerkragtigheid!
Ek kan nie kies watter omstandighede oor my pad kom nie, maar ek kan kies wat ek daarmee maak. Of ek die bal gaan optel of langs die bal gaan sit: Die keuse is myne. Ek kan kies!
Die feit dat ek kan kies, maak dit nie makliker nie, net moontlik. Emosionele weerbaarheid vereis die volgende innerlike ingesteldheid.
AANVAARDING DAT SWAARKRY DEEL VAN DIE LEWE IS
Die lewe gebeur en slegte dinge gebeur. Dit is deel van die lewe en ek aanvaar dit so. Ek vra dus nie meer vir myself af waarom dit met my gebeur nie, maar aanvaar dat dit deel is van die lewe. Ek is dus nie die slagoffer nie, maar ‘n mede-speler in die lewe. Die feit dat ek die slegte dinge wat gebeur erken en aanvaar, maak dat ek daaraan kan werk om dit te verander of te gebruik.
SELEKTIEWE KEUSE WAAR EK MY AANDAG EN GEDAGTES FOKUS
Ek kan kies waarop ek my gedagtes fokus. Wanneer ek agterkom ek hak vas by die negatiewe, kan ek my aandag en fokus skuif na die positiewe. Ek kan ‘n gesindheid van dankbaarheid oefen deur elke dag 3 dinge te noem waarvoor ek dankbaar is. ‘n Dankbare ingesteldheid kweek hoop.
AFVRA VAN DIE VRAAG – IS WAT EK DOEN TOT MY VOORDEEL OF NADEEL?
Wees goed vir jouself. Is dit wat jy doen of dit waaraan jy dink goed of sleg vir jou? Help dit jou of vernietig dit jou? As ek heeltyd dink ek is nie goed genoeg nie, help dit my? Nee, want ek kan dan vashak in my denke. As ek dink ek kan, probeer om dit anders te doen. Help dit my? JA! ‘n Goeie toets is ook om te vra of dit wat ek dink my moedeloos laat voel en of dit my hoop gee?
Liewe ouer, kom ons help ons kinders om emosioneel weerbaar te word deur hierdie drie tegnieke vir hulle aan te leer. Dit is dinge wat ons almal kan doen, maar verg steeds oefening. Wees bewus daarvan dat swaarkry deel van die lewe is, kies om jou aandag te fokus waar dit vir jou hoop skep en lewe dan in hoop!
Weerbaarheid vra ‘n gewilligheid om ‘n positiewe ingesteldheid uit te oefen. Dit is moontlik om met verlies en hoop op dieselfde tyd te leef. Wat is tans in jou denke-mandjie? Tot watter mate strek dit jou tot voordeel?
Vriendelike groete uit die berader se kantoor.
Tronel van Rooyen (LGS Berader)
VORIGE UITGAWES
Die geheime goue draadjie
Die geheime goue draadjie Daar is ‘n kosbare geheime...
Waardevolle Loeries
Waardevolle Loeries Loerieland is ons leerders se huis weg...
Padkaart vir eksamenstres
Padkaart vir eksamenstres Die jaareindeksamen vir 2024 kruip al...
Verlies
Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...
Groei
Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....
Skermtyd Riglyne
Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...
Boelies
Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...
Angstigheid
Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...
Angs
Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...
Vakansie Verveeldheid
Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...
My kind het nie maats nie!
My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...
Omgee gee hoop
Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...
Omgee
Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...
Swem of sink
As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...
Dissipline
DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...
Positiewe ingesteldheid
Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...
Glo jy kan
GLO JY KAN Jy is die baas van jou...
Ek kan
EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...
Hoop
HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...
Ek het waarde
Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...
Brein en Emosies
Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...
