Back

Groei

Groei

Hierdie jaar is LGS se tema is groen. Nie die groenoog-monster nie – maar groen vir groei!

Groei is deel van ons daaglikse lewe, ons elkeen groei daagliks in elke aspek van ons lewe… fisies, emosioneel en geestelik.

Die belangrikste groei wat jaarliks in ons kinders plaasvind is nie die fisiese groei nie, maar die emosionele en geestelike groei. Ons wil graag ons kinders toerus met die nodige vaardighede om die lewe met entoesiasme aan te pak en gelukkig te wees sodat hul in staat sal wees om die uitdagings van die lewe te hanteer.

As iemand my met ‘n glas water natgooi, maak hy my nat – nie kwaad nie. Dis my eie keuse om kwaad te word. Ander is nie verantwoordelik vir my optrede nie – ekself is. Baie keer gee ons aan ander die mag om ons geluk te bepaal. Hoe help ek my kind om gelukkig te wees en sy volle potensiaal te bereik? Om emosioneel sterk genoeg geanker te wees om die storms van die lewe te weerstaan.

Navorsing het bewus dat bome, wat in ‘n gesimuleerde omgewing geplant is om Mars te simuleer, heeltyd omval. Daar is geen wind nie, die bome se stamme word dus nie sterker nie, want daar is geen weerstand wat dit ‘vereis’ en bevorder nie.

Ons ingesteldheid help ons om die storms van die lewe te weerstaan en daarin te groei.

‘n Groei ingesteldheid help ons kinders om:

  • Hoop te behou.
  • Uit foute te leer – volharding.
  • Perspektief te behou.
  • Emosionele regulering.
  • Probleemoplossings vaardighede aan te leer.

Die goeie nuus is ons kan ons kinders help om ‘n groei – ingesteldheid te kweek deur die boodskappe wat ons elke dag vir hulle gee!

‘n Kollega het dit in die week so mooi verduidelik dat ons gedagtes soos ‘n tuin is waar wat ons plant sal groei. Kom ons help ons kinders om die regte saad te plant – ons woorde is soos saad wat ons plant – kom ons plant die volgende:

  • Dis ‘okay’ om foute te maak – dis hoe ons leer.
  • Iemand anders se sukses kan my motiveer – Welgedaan! – Ek’s seker jy kan ook ‘n sukses maak – goed doen in die toets! Doen net wat jy kan! Ek glo in jou!
  • Glo in jou eie potensiaal – Ken jou waarde – Jy kan dit doen – Kom ons probeer weer!
  • Ons weet nie als nie – maar leer aanmekaar meer! Wat het jy vandag geleer? (nie net teoreties nie – ook van menswees)
  • Kom ons vier jou poging! Ek’s so trots dat jy probeer!

Dis met gemengde gevoelens wat ek my laaste blog as berader van LGS skryf. Ek het so baie hier geleer en as mens gegroei – maar nou is dit tyd vir nuwe groei in my privaatpraktyk – Connected hearts. Ek’s dankbaar vir elke voetstappie saam met my en elke hartjie wat my vertrou het, mag julle dit wat ingebou is verder laat groei sodat dit kan blom!

Kontak my gerus : 084 514 6011 vir terapie of ouerleiding.

Tronel van Rooyen

VORIGE UITGAWES

Verlies

Die groot hartseer – Verlies Net soos volwassenes soms...

Groei

Groei Hierdie jaar is LGS se tema is groen....

Skermtyd Riglyne

Skermtyd riglyne vir besige ouers Ons brein is nie...

Boelies

Ons ken almal ‘n boelie Ons weet van hulle...

Angstigheid

Angstigheid Hande in die hare oor my angstige kind!...

Angs

Wanneer kinders angs beleef Baie kinders ervaar deesdae angs...

Vakansie Verveeldheid

Vakansie verveeldheid So halfpad in die vakansie kom die...

My kind het nie maats nie!

My kind het nie maats nie! Die hulpkreet van...

Omgee gee hoop

Om vir ander om te gee, gee hoop! Dis...

Omgee

Omgee Volhoubaar, Veerkragtig en Onstuitbaar – ons tema vir...

Swem of sink

As daar nou ‘n tyd was wat nuwe woorde...

Dissipline

DISSIPLINE Een van die nuwe gonswoorde van 2021 is...

Positiewe ingesteldheid

Geestelike weerbaarheid begin met ‘n postiewe ingesteldheid! Oktober is...

Glo jy kan

GLO JY KAN Jy is die baas van jou...

Ek kan

EK KAN Om vandag te oorleef het leerders nodig...

Hoop

HOOP Ons speel emosionele aflos… om net te oorleef! ...

Ek het waarde

Ek het WAARDE Dis ‘n heerlike sonskyndag buite, maar...

Brein en Emosies

Brein en Emosies My hart gaan uit na vandag...

Veerkragtigheid

Veerkragtigheid Ons tema vir die jaar. Die waarheid is...

Covid Glas

Covid Glas Ons maak graag ons kinders groot vir...

LGS groet ‘n legende

LGS groet ‘n legende Vandag groet Laerskool George-Suid ‘n...